AFGRI
BEAN
02 Des
-
9365
0,00
CORN
02 Des
-
4550
0,00
SOYA
02 Des
-
10600
0,00
SUNS
02 Des
-
11030
0,00
WEAT
02 Des
-
6745
0,00
WMAZ
02 Des
-
5203
0,00
YMAZ
02 Des
-
4966
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Bek-en-klouseer ver buite beheerde gebied gevind

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ter illustrasie. Foto: Lloyd Phillips
Ter illustrasie. Foto: Lloyd Phillips
Toetse het die voorkoms van bek-en-klouseer in Noordwes bevestig.

Die rooivleisbedryf is ’n genadelose slag toegedien met die ontdekking van bek-en-klouseer op twee private plase naby Potchefstroom. Wat dit nog meer ontstellend maak, is dat dit, anders as ander gevalle die afgelope drie jaar, ver buite die beheerde gebied is.

Dr. Shaun Morris van Octavoscene, ’n raadgewende veeartsenykundige besigheid vir voerkrale, is een van die veeartse wat die voorkoms van die siekte aan Landbouweekblad bevestig het. Hy het gesê toetse op die een plaas het dit bevestig en dat die uitslag van toetse op die ander plaas vermoedelik Dinsdag, 22 Maart, bekend sal wees.

Hy self was besig met die opskerping van biosekerheidsmaatreëls by voerkrale, vir wie hy as raadgewer dien, in die lig van die siekte se voorkoms so ver buite die rooilyngebied.

Intussen het die regering nog nie die voorkoms van die siekte by die internasionale dieregesondheidsorganisasie (OIE) aangemeld nie, soos hy verplig is om te doen. Die verwagting is dat dit ná die langnaweek sal gebeur.  

Dr. Mike Modisane, hoofdirekteur van diereproduksie en -gesondheid van die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, het wel in ’n verklaring eienaars van alle lewende hawe gevra om enige moontlike tekens van die siekte onmiddellik by ’n veearts, dieregesondheidstegnici of voorligtingbeamptes aan te meld. Daar is geen motivering vir die verklaring of ’n verwysing na die voorkoms van die siekte by Potchefstroom nie.

Hy waarsku egter veeartse en mense betrokke by dieregesondheid om bedag te wees op die moontlikheid van bek-en-klouseer as diere siek raak. Hy vra ook dat veilings tydelik gestaak word totdat ondersoeke afgehandel is.

Abattoirs moet diere deeglik inspekteer vir tekens van die siekte en moet dit rapporteer as oormatige slym, beksere en diere wat moeilik loop, bespeur word. Hulle moet ook aandring op inligting oor die oorsprong van die diere en veeartsenysertifikate.

In die verklaring word produsente en hul bestuurders ook gevra om beamptes te ondersteun wat moontlike aanmeldings van die siekte ondersoek en aan veeartse verslag te doen as hulle moontlike gevalle opmerk. Die direkteurs van veeartsenykundige dienste en hul personeel word gevra om dringend op te tree as moontlike gevalle aangemeld word.

Suid-Afrika het in 2020 sy status as vry van bek-en-klouseer by die OIE verloor. Dit was nadat die siekte in 2019 in Limpopo en daarna ook in KwaZulu-Natal voorgekom het.

Dit is vir die rooivleisbedryf van die grootste belang om sy status as vry van bek-en-klouseer te herwin. Die jongste uitbreking kan hierdie vooruitsig weer ernstig knou. Uitvoer is intussen op ’n bilaterale grondslag voortgesit, maar dit hou steeds risiko’s in vir plaaslike boere.

Die buro vir voedsel- en landboubeleid (BFAP) glo die vleisbeesbedryf het die potensiaal om ’n bykomende bydrae van R8,3 miljard oor die volgende dekade tot landbouproduksie se bruto waarde te lewer. Die meeste van die groei sal van uitvoer afhanklik wees en daarvoor is dit van deurslaggewende belang dat bek-en-klouseer hokgeslaan moet word.

Die jongste uitbreking kan groeiplanne ernstig kniehalter, veral as die verspreiding só ver buite die beheerde gebied en waar talle voerkrale is, nie doeltreffend gekeer kan word nie.

 

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.48
+0.4%
Rand - Pond
21.48
+0.1%
Rand - Euro
18.42
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.90
+0.4%
Rand - Jen
0.13
-0.4%
Goud
1,798.42
-0.3%
Silwer
23.21
+2.0%
Palladium
1,898.90
-2.4%
Platinum
1,021.00
-2.2%
Brent-ruolie
86.88
-0.1%
Top-40
68,238
-0.9%
Alle aandele
74,323
-0.9%
Hulpbronne 10
74,020
-2.7%
Industriële 25
91,592
-0.6%
Finansiële 15
15,398
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
See,Bosveld en Kamp
My geloof is vir my baie belangrik, is spontaan, het ñ goeie sin vir humor. Reik uit na mede gelowiges en minder bevoorregtes. Ek is ñ baie liefdevolle persoon.
Kom ons begin ons eie storie met Vriendskap
Nr 1 sal altyd my Here wees want Hy is my provider, Aleph en Sovereign God. Al wat ek soek is n maaitjie saam wie ek die lewe kan geniet, lag, gesels, laf wees en dan kyk na...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot