Dís die pleidooi van boere wat in verskeie Vrystaatse distrikte vasgevang sit in kontantvloeiprobleme omdat daar weens enkele gevalle van bek-en-klouseer al twee maande lank nie veeveilings gehou mag word nie.
“Ek het meer as ’n miljoen rand se speenkalwers wat wag om veiling toe te gaan, maar ek kon nie einde September lone betaal nie en moes ’n lening uitneem.” Só het ’n Oos-Vrystaatse boer in ’n siektebeheergebied sy huidige kontanvloei-krisis beskryf.
Die boer, wat nie sy naam genoen wil hê nie, vertel dat die gesprekke in die koöperasie maar taamlik kommerwekkend is. Boere in sy omgewing kan nie hul rekenings by plaaslike ondernemings of diensverskaffers betaal nie en in baie gevalle moes hulle vra dat die kredietperk op hul bankrekenings verhoog word.