
Die komitee het gister ’n versoek tot dr. Mpho Maja, nasionale direkteur van dieregesondheid, gerig dat die huidige siektebeheergebied vir bek-en-klouseer soos in die Staatskoerant van 7 September verlede jaar afgekondig is, gewysig moet word om die hele distriksmunisipaliteit Umkhanyakude, bestaande uit die munisipaliteite Jozini, Umhlabuyalingana, Big Five Hlabisa en Mtubatuba, in te sluit.Die volgende gebiede moet egter uitgesluit word:
• Die Ndumo-natuurreservaat en Tembe-olifantpark in KwaZulu-Natal se bek-en-klouseerbeheer gebied;
• Die volgende gedeeltes in KwaZulu-Natal se bek-en-klouseerbeheer gebied:
? Die gedeelte van die munisipaliteit Jozini in die distriksmunisipaliteit Umkhanyakude noord van die Ingwavuma-rivier, vanaf die Swaziland-grens tot die punt waar die rivier naaste aan die P443-pad is;
? Die gedeelte van die munisipaliteit Umhlabuyalingana in die distriksmunisipaliteit Umkhanyakude noord van die P522-pad, insluitend die pad en padreserwe; en
? Die gedeelte noord en oos van die oostelike grens van die Sileza-natuurreservaat tot waar die grens die noordelike grens van die Manzingwenya-plantasie ontmoet, asook noord van die noordelike en oostelike grens van die Manzingwenya-plantasie tot waar die grens die heining van die Isimangaliso-vleilandpark ontmoet.
Die volgende gebiede moet volgens die versoek by die siektebeheergebied ingesluit word:
• Die hele distriksmunisipaliteit King Cetshwayo, bestaande uit die munisipaliteite uMfolozi, City of uMhlathuze, uMlalazi, Nkandla en Mthonjaneni;• Die hele Hluhluwe Imfolozi-park;
• Die gedeelte van die munisipaliteit Pongola in die distriksmunisipaliteit Zululand wat oos van die R66, suid en wes van die N2 en suid van die P522-pad geleë is;
• Die hele munisipaliteit Nongoma in die distriksmunisipaliteit Zululand;
• Die gedeelte van die munisipaliteit Ulundi in die distriksmunisipaliteit Zululand oos van die R66-pad;
• Die gedeelte van die munisipaliteit Maphumulo in die distriksmunisipaliteit Ilembe wat oos van die R74-pad geleë is;
• Die gedeelte van die munisipaliteit Ndwedwe in die distriksmunisipaliteit Ilembe wat oos van die R74-pad en noord van die P110-pad geleë is;
• Die gedeelte van die munisipaliteit KwaDukuza in die distriksmunisipaliteit Ilembe wat noord van die P110-pad geleë is;
• Die gedeelte van die munisipaliteit Mandeni in die distriksmunisipaliteit Ilembe wat noord van die P110-pad, noord van die Tugelarivier en oos van die R102 geleë is tot waar dit die Indiese Oseaan of die noorde en ooste van die P110-pad ontmoet;
• Die gedeelte van die munisipaliteit Umvoti in die distriksmunisipaliteit Umzinyathi wat oos en noord van die R74-pad en oos van die R33-pad geleë is; en
• Die gedeelte van die munisipaliteit Msinga in die distriksmunisipaliteit Umzinyathi wat oos van die R33-pad en suid van die Tugelarivier geleë is.
Die departement sê luidens ’n verklaring dit besef dat dit ’n groot gebied sou wees om te bestuur, veral ten opsigte van bewegingsbeheer, maar dat die omvang van die verspreiding van die siekte en die verbintenisse tussen die onderskeie gebiede en distrikte dit moeilik maak om spesifieke gebiede uit te sluit sonder om “eilande” in die siektebeheergebied te skep.
Die departement beskou nie die volgende gebiede as risikogebiede nie, maar versoek dat dit ook by die beheergebied ingesluit moet word om probleme met bewegingsbeheer te vermy:
• Die gedeelte van die munisipaliteit Pongola wat wes van die N2 en suid van die P522-pad in die rigting van Jozini geleë is;
• Die gedeelte van die munisipaliteit Big Five Hlabisa oos van die N2; en
• Die gedeelte van die munisipaliteit Jozini oos van die N2.
Lees die volledige verklaring hier.