AFGRI
BEAN
07 Des
-
9350
0,00
CORN
07 Des
-
4415
0,00
SOYA
07 Des
-
10510
0,00
SUNS
07 Des
-
10700
0,00
WEAT
07 Des
-
6654
0,00
WMAZ
07 Des
-
4924
0,00
YMAZ
07 Des
-
4770
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Bekommernisse oor omstrede Melmoth-plase verdiep

akkreditasie
Ná sy onlangse ondersoek van die suksesvolle eis op grondhervormingsplase by Melmoth in KwaZulu-Natal doen die Demokratiese Alliansie ’n beroep op twee parlementêre portefeuljekomitees en die ouditeur-generaal om verskillende bekommernisse te ondersoek wat die politieke party met die bedrywighede daar het. Foto: Verskaf
Ná sy onlangse ondersoek van die suksesvolle eis op grondhervormingsplase by Melmoth in KwaZulu-Natal doen die Demokratiese Alliansie ’n beroep op twee parlementêre portefeuljekomitees en die ouditeur-generaal om verskillende bekommernisse te ondersoek wat die politieke party met die bedrywighede daar het. Foto: Verskaf
Die omstredenheid oor die aanstelling van ’n derde party om plase by Melmoth in KwaZulu-Natal namens die begunstigdes van ’n geslaagde grondeis te bestuur, het ’n nuwe kinkel gekry.

Senior leiers van die DA sê hulle het onlangs ’n ondersoek gedoen op die plase wat vir R805 miljoen aangekoop is. Hulle sê lede van die gemeenskap is ontevrede omdat hulle nog nie die titelaktes ontvang het nie en omdat ’n buite-organisasie aangestel is om die plaas saam met die begunstigdes te bestuur.

Me. Annette Steyn, die DA se skaduminister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, beskuldig die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling en sy minister, me. Thoko Didiza, van “vertragingstaktiek” om gemeenskappe van Melmoth te verhinder om volle titel van hul eiendom te verkry.

Sy sê die grondherstelkommissie het die betrokke gemeenskappe volle regte toegeken op die grond waarvoor hulle aansoek gedoen het. Pleks daarvan om hierdie besluit na te kom, weier die departement hardnekkig om die grond oor te dra. Die departement het selfs in die hof aangevoer dat dit die regmatige voog van die betrokke grond is.

Sy sê nadat die departement ’n derde party aangestel het om die plase namens die begunstigdes te bestuur, is hierdie gemeenskappe niks meer as plakkers nie in hierdie reëling tussen die “voog en die opsigter”.

“Die stryd wat die Melmoth-gemeenskappe met die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling voer, is ’n waarskuwing vir die chaos wat wag op grondadministrasie in Suid-Afrika as voogdyskap van grond regeringsbeleid word.”

Sy sê die DA sal ’n gesamentlike verhoor van die parlementêre komitees vir handel, nywerheid en mededinging, en vir landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, aanvra om die betrokke gemeenskappe toe te laat om hul saak te stel. Die DA sal ook aan me. Tsakani Maluleke, Suid-Afrika se ouditeur-generaal, skryf om ’n volledige oudit aan te vra van die gerapporteerde R158 miljoen se toekenningsfinansiering wat die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling na bewering in die 2018’19- en 2019’20-boekjaar oorgedra het aan die organisasie wat die plase moet bestuur.

Die DA noem nie organisasie in sy jongste verklarings nie, maar het voorheen na die South African Farmers Development Association (Safda) verwys.

Safda verdedig homself

In reaksie op die DA se jongste bewerings verwys Safda na ’n verklaring van prins Mandla Zulu, voorsitter van die Mthonjaneni-boerevereniging (MBV). Die vereniging bestaan uit die Entembeni-koningshuisgemeenskapstrust, die Entembeni-gemeenskapstrust, die Emkhasaneni-gemeenskapstrust en die Isizwe Sakwa-Dludla-gemeenskapstrust.

Hy beskuldig die DA-leiers wat die Melmoth-plase ondersoek het, daarvan dat hulle private eiendom betree het onder die dekmantel van parlementêre toesig.

Zulu sê Steyn en haar kollegas het sommige plase onregmatig betree en ’n vals beeld van die stand van die boerderye se bedrywighede geskep het; die DA skaar hom by die plase se vorige eienaars wat na bewering hul gebruik van die eiendomme wil behou; en, anders as die DA se uitsprake, is die eienaarskap van eiendomme wat deur die Makhasaneni- en Dludla-gemeenskappe geëis is, inderdaad deur die regering aan die begunstigdes oorgedra.

“In teenstelling met die DA se oortuiging dat swart mense nie vir hulleself kan dink of ’n sukses kan maak nie, het ons groot vordering gemaak om te verseker dat die ekonomie in Melmoth floreer. Die arrogante inval deur mense wat steeds op ons neersien, was vir ons baie traumaties.”

Hy sê in teenstelling met Suid-Afrika se apartheidsjare toe Melmoth se gemeenskappe eienaarskap van die plase ontneem is, is die bestaande personeellede van alle rasse wat hul diens wou voortsit, behou. Swart en wit plaasbestuurders met uitgebreide ervaring in die produksie van suikerriet, avokado, en bosbou werk saam om die plase se ondernemings te bestuur.

Mnr. Reggie Ngcobo, woordvoerder van die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, sê die departement se reaksie op die DA se jongste verklarings sal binnekort uitgereik word.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.16
+1.0%
Rand - Pond
20.95
+0.4%
Rand - Euro
18.03
+0.7%
Rand - Aus dollar
11.54
+0.5%
Rand - Jen
0.13
+0.6%
Goud
1,787.50
+0.9%
Silwer
22.73
+2.4%
Palladium
1,854.00
+0.2%
Platinum
1,007.50
+1.7%
Brent-ruolie
79.35
-4.2%
Top-40
67,863
-0.8%
Alle aandele
74,011
-0.7%
Hulpbronne 10
73,204
-1.1%
Industriële 25
90,783
-0.7%
Finansiële 15
15,619
-0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Kom ons geniet die lewe
Ek is n baie liefdevolle vrou Hou van stap tennis speel. Bak en brou graag, verf doen allerhande kreatiewe goed Hou van uithaal. Mal oor die see Eenvrou man .
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot