
Onderstepoort Biologiese Produkte (OBP) het luidens ’n verklaring aangedui dat hy die belang besef van dié entstowwe teen siektes wat deur vektore soos muskiete versprei word. Weens swaar reën het muskietgetalle skerp toegeneem.
Vandeesweek sal die entstof teen bloutong versprei word. Entstowwe vir Afrika-perdesiekte, slenkdalkoors en knopvelsiekte sal binnekort beskikbaar wees.
OBP moedig boere aan om hul diere in te ent sodra entstowwe beskikbaar word om uitbrekings van siektes te voorkom.
Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.