AFGRI
BEAN
28 Mrt
-
9704,8
87,80
CORN
28 Mrt
-
4540,4
45,40
SOYA
28 Mrt
-
8240
100,00
SUNS
28 Mrt
-
8710
57,00
WEAT
28 Mrt
-
6743
201,00
WMAZ
28 Mrt
-
3877
-11,00
YMAZ
28 Mrt
-
4082,40
12,40
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Belastingbom tref landbou in Vrystaat

’n Belastingbom het landbou in die Vrystaat getref weens beweerde BTW-bedrog.

’n Belastingbom het die landbou in die Vrystaat getref met die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) wat ’n ondersoek begin het teen boere en veebemarkers weens beweerde bedrog met BTW-geld.

Die ondersoek kom ná veetransaksies wat vermoedelik as mielietransaksies deurgegee is en dus die 14% BTW vrygespring het. Luidens ’n berig in Volksblad is soveel as R120 miljoen ter sprake.

Mnr. Adrian Lackay, woordvoerder van die SAID, het bevestig sowat 80 boere word hierdeur geraak. Die departement se ondersoek-afdeling ondersoek reeds 29 sake wat deur die oudit-afdeling aan hulle oorhandig is. Hy het nie gesê hoeveel geld betrokke is nie.

“Terwyl ons steeds ons ondersoek doen, het ons reeds vasgestel dat sekere agente of veehandelaars verantwoordelik was en die metode aan boere voorgestel het om vee as mielies te verklaar. Hulle sal saam met die individuele boere die fokus van ons ondersoek wees,” sê Lackay.

Hy het dit egter duidelik gestel dat nie alle boere valslik die verkope van vee as mielies deurgegee het nie. Intussen erken die SAID dat hy die BTW-geld van boere oor die land heen terughou terwyl die ondersoek aan die gang is. Die uitbetalings sal nie gedoen word voordat hierdie boere se oudit voltooi is nie.

’n Paar boere in die Vrystaat wat al so lank as agt maande op hul BTW-terugbetalings van honderdduisende rand wag, het nou met regstappe teen die SAID begin. Van hulle vrees ondergang omdat dié geld die kontant is waarmee die boerdery onderhou moet word. Vrae is ook al gevra of die SAID nie bankrot is nie.

“Dit kan skrikwekkende gevolge hê. Boere vrees dat hul geld deur korrupsie opgeslurp word. Intussen kry jy nie antwoorde nie,” sê ’n boer wat reeds langer as sewe maande op meer as R100 000 wag. ’n Tweede oudit word op sy transaksies gedoen.

’n Landbou-konsultant sê van sy boerekliënte het hul oudit geslaag, maar wag nog op hul BTW-geld. “Dit skep ’n helse verleentheid by finansiële instellings (aan wie hulle geld skuld). Hulle het ook met regstappe begin. As ouens vertroue in die belastingstelsel verloor, het ons groot moeilikheid.”

Lackay het op die navrae hieroor gesê die terugbetalings is juis stopgesit oor die beweerde bedrog. Die SAID het verskeie boere geïdentifiseer wat betrokke is by hierdie praktyk waar vee as mielies deurgesit word en “oorweeg sy opsies om strafregtelike klagte in te dien”.

Die SAID het intussen vandeesmaand BTW-terugbetalings van meer as R1 miljard goedgekeur wat oor ’n tydperk 24 uur aan belastingbetalers uitbetaal sou word. Sedert 1 April is meer as R8 miljard aan belastingbetalers terugbetaal.

“Die SAID weerhou belastingterugbetalings met goeie rede. Terugbetalings sal nie uitbetaal word as ’n belastingbetaler geoudit word nie,” sê Lackay.

Volgens hom dui die SAID se terugbetalingstelsel daarop dat die stelsel glad werk. In die boekjaar wat op 31 Maart 2011 ten einde geloop het, is R132,5 miljard se belasting terugbetaal.

4 Mei 2011

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.16
+0.8%
Rand - Pond
22.41
+0.4%
Rand - Euro
19.69
+0.4%
Rand - Aus dollar
12.18
-0.1%
Rand - Jen
0.14
+0.3%
Platinum
963.03
-0.5%
Palladium
1,420.35
+1.0%
Goud
1,973.05
+0.8%
Silwer
23.34
+1.1%
Brent-ruolie
78.12
+4.0%
Top-40
70,445
+0.9%
Alle aandele
76,047
+1.0%
Hulpbronne 10
66,460
+2.3%
Industriële 25
102,327
+0.1%
Finansiële 15
15,628
+1.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Leweslustig ,Geniet die lewe
Lewenslustig. Hou van 4×4. Asook kamp. Dans graag. Baie vriendelik en spontaan. Diere tans friesperde asook miniatuurperde en 3 yorkies. Braai graag asook fliek en vertonings...
Kom ons sien wat die toekoms inhou..
Saggeaard met 'n passie vir my medemens, ambiseus en geniet die mooi in die lewe. Altyd gereed vir 'n nuwe uitdaging.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot