AFGRI
BEAN
05 Des
-
9261,2
24,20
CORN
05 Des
-
4419
-92,00
SOYA
05 Des
-
8970
65,00
SUNS
05 Des
-
10625
-187,00
WEAT
05 Des
-
6700
-16,00
WMAZ
05 Des
-
4970,8
-93,20
YMAZ
05 Des
-
4820
-88,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Beleggingsbank help finansieringsgapings vul

akkreditasie
Foto: Alani Janeke
Foto: Alani Janeke
Die internasionale beleggingsbank J.P. Morgan sal van die gapings vul wat klein en mediumgroot ondernemings in die nywerheid- en groenekonomiesektor ondervind om toegang tot bekostigbare finansiering te kry.

Hierdie inisiatief, bekend as die Abadali-beleggingsprogram, is ná twee jaar se samesprekings met die departement van handel, nywerheid en mededinging bekend gestel. Dit is die eerste keer dat ’n internasionale beleggingsbank in Suid-Afrika betrokke raak by ’n goedgekeurde billikheids-ekwivalente beleggingsprogram van die departement van handel, nywerheid en mededinging.

Die Abadali-beleggingsprogram bestaan uit twee bene, ’n fonds van R300 miljoen en toelae van R40 miljoen. Die verwagting is dat die program R2 miljard se finansieringtransaksies sal oplewer en oor ’n tydperk van agt jaar minstens 1 000 werksgeleenthede sal skep.

Mnr. Ebrahim Patel, minister van handel, nywerheid en mededinging, sê die departement wil met die program ’n gunstige ekonomiese en maatskaplike impak bewerkstellig deur die finansieringsgaping te takel van klein en mediumgroot ondernemings wat nie aan die normale kriteria van handelsbanke vir finansiering voldoen nie.

Dit bied nie net finansiering nie, maar ook ondersteuning en mentorskap vir beginnerbesighede. Die program is uniek deurdat dit korttermynfinansiering bied vir besighede wat ’n beperkte besigheidsrekord en geen finansiële state het nie, en medium- tot langtermynfinansiering vir besighede wat groeikapitaal benodig.

Mnr. Kevin Latter, senior beampte van J.P. Morgan in Suid-Afrika, sê korttermynfinansiering word gebied vir besighede met min of geen inkomste wat R250 000 kapitaal oor tot 12 maande benodig. Die omkeertyd vir hierdie aansoeke is slegs een week. Besighede met geen handelsgeskiedenis, geldstate of sekuriteit sal ook oorweeg word mits hulle in die voorsieningsketting van groot maatskappye of die staat is. Die doel is om hierdie klein en mediumgroot ondernemings te ontwikkel in volhoubare besighede en hulle dan na die tradisionele, kommersiële finansieringsektor oor te dra.

Medium- tot langtermynfinansiering sal teen beduidend gesubsidieerde koerse aangebied word vir besighede met ’n inkomste van R1 miljoen wat finansiering vir twee tot vyf jaar benodig. Die meeste van dié besighede sal in swart besit wees en ’n handelsgeskiedenis van ten minste 12 maande hê.

Die toelae van R40 miljoen is vir die ontwikkeling van swart ondernemings tot volhoubare en suksesvolle besighede met die klem op entrepreneurskap en die bevordering van werk en vaardighede in sektore soos die digitale sektor en die groen ekonomie.

Latter sê die bank het sy doelstellings rakende die groen ekonomie in pas gebring met dié van die staat. As voorbeeld noem hy dat die beleggingskomitee reeds die aansoek ontvang het van ’n maatskappy wat innoverende tegnologie bied om water te filtreer sodat skoon en veilige drinkwater aan landelike gebiede gelewer kan word.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.46
+0.5%
Rand - Pond
21.28
+0.3%
Rand - Euro
18.34
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.72
+0.5%
Rand - Jen
0.13
+1.2%
Goud
1,767.69
-1.7%
Silwer
22.24
-4.0%
Palladium
1,879.23
-1.1%
Platinum
1,000.60
-1.9%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,543
+0.5%
Alle aandele
74,693
+0.5%
Hulpbronne 10
74,781
+1.0%
Industriële 25
91,501
-0.1%
Finansiële 15
15,595
+1.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Baie om te bied niemand om mee te deel.
Ek is n ongekompliseerd man wat net opsoek is na goeie geselskap en moonlike geluk in die toekoms dis al.
Son en see mens.
Eks stil en op my plek. Praat met diere darem nog nie met my self nie. Hou van berg klim en fiets ry. Visvang en rugby glad nie my ding nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot