
Kort nadat die departement vroeër vandag ’n mediaverklaring uitgereik het dat die uitlaat uit die Bloemhofdam op 3 200 kubieke meter per sekonde (kumek) gehou sou word, het die departement ook ’n teenstrydige waarskuwing aan gemeenskappe stroomaf van die dam uitgereik dat die uitlaat om 15:00 sou verhoog tot 3 400 kumek, om 16:00 tot 3 600 kumek en om 17:00 tot 3 800 kumek.
Me. Wisane Mavasa, woordvoerder van die departement, het aan Landbou.com bevestig dat die waarskuwing die jongste inligting bevat het.
Mnr. Wilco Fourie, voorsitter van die Oranjeriver-landbou-unie, sê die verhoging van die uitlaat beteken dat waar hy vroeër vandag verwag het die vloeihoogtepunt kon meer as 4 700 kumek wees, soortgelyk aan die 2011-vloed, kan dit nou heelwat meer as 5 000 kumek wees.
Vaal rivier?? by Barkly West :: 22 Feb 2023??Renier Olivier @peoples_weather @SAWeatherServic @VoxWeatherZa @maroelamedia @zarsg @landbou @eNCA pic.twitter.com/6Lv1gdFGOo
— ReenvalSA (@ReenvalSA) February 22, 2023
Die rivier kan teen Sondag dié vlak van vloei by Katlani naby Douglas bereik, die eerste meetpunt ná die samevloeiing van die Vaal- en Oranjerivier. Dit sal na verwagting sowat ’n dag duur vir die hoogtepunt by Katlani om Prieska te bereik en daarna nog ’n dag totdat dit Upington bereik.
Só ’n hoë vloei kan groot skade vir boere meebring en die hoë vloei kan vir ’n paar dae voortduur.
Fourie verskaf gereeld inligting oor die Benede-Oranjerivier se vlakke aan sowat 1 300 lede van riviervlakgroepe op Telegram en WhatsApp. Hy grond die inligting op die departement van water en sanitasie se inligting oor die Vaal- en Oranjerivierstelsels, wat werklike metings asook projeksies insluit.
Hy sê die departement se projeksies is ongelukkig tans onbetroubaar, onder meer omdat te veel meetpunte buite werking is. Hy kyk daarom na syfers by belangrike meetpunte en bereken hiermee, tesame met die insig wat historiese syfers bied, verwagtinge van riviervloeie en hoogtepunte by verskillende punte in die Benede-Oranjerivier.
Sy projeksies tot dusver, vir Maandag 19 Februarie tot vandag 22 Februarie, was sowat 93% tot 108% van wat die werklike metings was. Hy moes vanmiddag sy verdere verwagtinge aanpas nadat die nuus rakende die hoër uitlaat uit die Bloemhofdam bekend geword het.
Fourie wens boere sterkte toe. Hy moedig hulle aan om deel te wees van netwerke waar hulle betroubare inligting kan kry.
Hy hoop dat die tropiese sikloon Freddy nie swaar reën in die Benede-Oranjerivier se opvangsgebiede sal bring nie.
*Die situasie in dié waterstelsels verander voortdurend en ons sal die lesers op hoogte hou van nuwe ontwikkelinge sodra inligting bevestiging is.
We flew over the Orange River this morning and I could see the devastating impact on agricultural land alongside the river... #flooddisaster @AgriSA1904 @landbou #agriculture @FlySafair pic.twitter.com/934fDiCGK8
— Andrea Campher (@AndreaCampher) February 22, 2023
Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.