AFGRI
BEAN
02 Des
-
9365
0,00
CORN
02 Des
-
4550
0,00
SOYA
02 Des
-
10600
0,00
SUNS
02 Des
-
11030
0,00
WEAT
02 Des
-
6745
0,00
WMAZ
02 Des
-
5203
0,00
YMAZ
02 Des
-
4966
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Benede-Oranjerivier kan volgende naweek hoogtepunt bereik

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Só het die Oranjerivier op 5 Januarie vanjaar by Groblershoop gelyk nadat riviervlakke vanaf ’n hoogtepunt ’n paar dae tevore weer begin daal het. Hoër vlakke word vir komende naweek verwag. Foto: Wilco Fourie
Só het die Oranjerivier op 5 Januarie vanjaar by Groblershoop gelyk nadat riviervlakke vanaf ’n hoogtepunt ’n paar dae tevore weer begin daal het. Hoër vlakke word vir komende naweek verwag. Foto: Wilco Fourie
Die hoogtepunt in die watervloei van die Benede-Oranjerivier sal na verwagting rondom 4 000 kumek wees.

Die sonskynweer wat vir die volgende paar dae vir die opvangsgebiede van die Oranje- en Vaalrivier voorspel word, is goeie nuus vir boere aan die Benede-Oranjerivier.

Mnr. Wilco Fourie, voorsitter van die Oranjerivier-landbou-unie, monitor daagliks die departement van water en sanitasie se dam- en watervlaksyfers. Hy sê hoewel die betrokke boere steeds van vandag af vir sowat drie dae groot stygings in die rivier se watervlak sal ervaar, en dit minstens vir nog ’n week stadig gaan styg, lyk dit asof die hoogtepunt van einde volgende week af bereik sal word.

Dié verwagting is gegrond op sonskynweer die volgende paar dae in die opvangsgebiede.

Die hoogtepunt in die watervloei van die Benede-Oranjerivier sal na verwagting steeds rondom 4 000 kumek wees, wat sowat 1 000 kumek meer is as verlede jaar s’n en ook meer as begin vanjaar se hoogtepunt. 

Skerp styging deur geleidelike styging gevolg

Volgens die departement van waterwese en sanitasie se syfers op 21 Januarie blyk dit dat die uitvloei by die Bloemhofdam vir nog ’n paar dae 2 000 kumek gaan wees.

Fourie sê die departement verwag verder dat die hoogtepunt van die Vanderkloofdam se uitvloei rondom Maandag 24 Januarie en Dinsdag 25 Januarie sowat 1 800 kumek sal wees, wat laer is as wat aanvanklik verwag is.

“Die watervloei by Prieska gaan, weens die verhoging vanuit die Bloemhofdam, nog skerp styg oor die naweek, tot ongeveer 3 600 kumek, waarna dit stadig verder gaan toeneem met die toename vanuit die Vanderkloofdam.”

Op 21 Januarie was die watervloei by Katlani, die eerste meetpunt ná die samevloeiing van die Oranje- en Vaalrivier, 3 088 kumek. By Prieska was dit 2 670 kumek en by Upington 2 234 kumek.

Fourie sê dié syfers sal na verwagting vandag en oor die naweek vinnig styg, dan op ’n hoë vlak afplat, en dan wéér stadig begin styg, weens die geleidelike styging in uitvloei vanaf die Vanderkloofdam, tot by die verwagte hoogtepunt vanaf einde volgende week.

“Die Vaal- en Gariepdam se invloei begin nou mooi afneem en daar word min reën vir die volgende vyf dae oor die grootste deel van Suid-Afrika voorspel. Dit is alles goeie nuus,” sê hy. 
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.46
+0.5%
Rand - Pond
21.39
+0.9%
Rand - Euro
18.36
+0.7%
Rand - Aus dollar
11.81
+1.0%
Rand - Jen
0.13
+0.8%
Goud
1,797.91
0.0%
Silwer
23.15
0.0%
Palladium
1,900.00
0.0%
Platinum
1,020.00
0.0%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,238
-0.9%
Alle aandele
74,323
-0.9%
Hulpbronne 10
74,020
-2.7%
Industriële 25
91,592
-0.6%
Finansiële 15
15,398
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lawman
Wil vriende maak, mense ontmoet. Ek hoor ek is aantreklik, slim en interreasnt. Ek dink ek is goeie geselskap. , nooit vervelig nie. Ek is brutaal eerlik en verwag dieselfde.
Passievolle mensie opsoek na vriendskap en liefde
Vriendelike en opregte persoon. Opsoek na iemand met goeie morele waardes, lus vir die lewe. Passie vir liefde en die lewe.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot