AFGRI
BEAN
01 Jun
-
8572
126,00
CORN
01 Jun
-
4110
61,00
SOYA
01 Jun
-
7890
140,00
SUNS
01 Jun
-
8255,2
79,20
WEAT
01 Jun
-
6565
27,00
WMAZ
01 Jun
-
3702,8
20,80
YMAZ
01 Jun
-
3846,8
29,80
AMT
Ave Wool - Non RWS
19 Me
-
172,55
7,70
Ave Wool - RWS
19 Me
-
189,51
9,36
Beeste A2/3
19 Me
-
53,82
53,82
Beeste AB2/3
19 Me
-
52,28
0,49
Beeste B2/3
19 Me
-
48,03
-0,79
Beeste C2/3
19 Me
-
45,86
0,34
Bevrore Hoender
19 Me
-
34,01
-1,54
Bokkies (onder 30 kg)
19 Me
-
52,68
-2,51
Bokooie
19 Me
-
40,2
1,49
Groot (meer as 40 kg)
19 Me
-
45,36
4,57
Hoender (IQF)
19 Me
-
33,04
-0,30
Medium (30-40kg)
19 Me
-
48
-3,26
Pork Average
19 Me
-
29,59
0,13
Poultry Average
19 Me
-
33,71
-0,90
Skaap A2/3
19 Me
-
84,64
0,30
Skaap AB2/3
19 Me
-
76,6
10,52
Skaap B2/3
19 Me
-
58,23
-1,47
Skaap C2/3
19 Me
-
57,02
0,77
Speenkalf
19 Me
-
31,04
1,22
Spekvarke
19 Me
-
30,9
0,85
Stoorlammers
19 Me
-
42,28
0,34
Varkwors
19 Me
-
24,66
0,20
Vars Hoender
19 Me
-
34,07
-0,87
Vleisvarke
19 Me
-
29,47
0,05
Deel

Beraad kom oor nuwe grondplan

Verskille oor die nuwe voorstelle vir grond sal binnekort op ‘n Regeringsberaad onder die loep kom.

Dialoog is baie belangrik en daarom wil mnr. Gugile Nkwinti, Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, vroeg September ’n drie dag lange beraad oor verblyfsekerheid hou, sê mnr. Elton Greeve, hoofdirekteur vir dienslewering en koördinering van die departement.

Hy was deel van ’n paneelbespreking oor die sogenaamde 50%-plan by die AgriBizniz-beraad by Nasrec in Johannesburg.

Volgens Greeve is die voorstelle in wese nie nuut nie, maar “ in 'n radikaler vorm”. Die vraag is hoe verblyfsekerheid bereik kan word binne die beperkinge van volhoubare produksie.

Mnr. Louw Steytler, voorsitter van Graan SA, het gevra dat teruggekeer moet word na die inklusiewe manier waarop oudpres. Nelson Mandela mense betrek het. Betekenisvolle dialoog is nodig waarby die hele waardeketting, insluitend die verwerkingsektor, betrek moet word. “Dit is hartseer dat die nuwe dokument tot massiewe onsekerheid gelei het. Mense is nie meer seker van grondeienaarskap nie.”

Volgens hom moet oplossings gevind word wat in ag neem dat boere winsgewend moet wees. 'n Mielieboer se produksiekoste beloop R9 000 tot R11 000/ha. Teen ’n gemiddelde opbrengs van 5 ton/ha, beteken dit ’n boer moet R2 000/ton kry om gelyk te breek. Dit terwyl produksiekoste styg.

Verder is dit belangrik dat ’n surplus mielies geproduseer word, sodat die mielieprys deur uitvoerpariteit bepaal word, wat ’n rimpeleffek tot voordeel van ander bedrywe sal hê. Steytler het gesê alle grondhervormingsplanne moet aan die Grondwet getoets word. Hy het benadruk die georganiseerde landbou verstaan die nodigheid van transformasie. “Moenie ons wil om te transformeer onderskat nie.”

Mnr. Thomas Walters, DA-woordvoerder oor grondhervorming, het gesê  een van die probleme wat die DA met die nuwe voorstel het, is dat dit in stryd is met die Nasionale Ontwikkelingsplan wat deur 90% van parlementslede ondersteun is. Die DA staan aansporings vir aandeleskemas en langtermyn-verblyfsekerheid voor.

Walters het verwys na die groot gebiede bewerkbare landbougrond in kommunale gebiede. In vraetyd het me. Belinda Petersen van die Koranna Koninklike Huis in die Wes-Kaap gevra die Regering moet die Khoi- en San-mense by gesprekke betrek, anders sal daar “oorlog”wees. “Op wie se grond wil u hierdie plan begin uitvoer, sonder om die ware eienaars in te sluit?”

Me. Patricia Mlangeni, wat op klein skaal met onder andere hase boer, het gevra of die Regering plaaswerkers self gevra het of hulle aandele in boerdery-ondernemings wil hê.“Die Regering dink vír ons, niemand kom na my toe en vra my mening nie. Jul meganiseringsprogram is 'n mislukking, julle het net trekkers gegee, maar nie die nodige opleiding nie. Julle het vir 'n klomp infrastruktuur betaal wat nie werk nie.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.60
+0.6%
Rand - Pond
24.57
-0.1%
Rand - Euro
21.07
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.89
-0.5%
Rand - Jen
0.14
+0.2%
Platinum
1,010.00
+0.6%
Palladium
1,398.01
+1.5%
Goud
1,982.41
+1.0%
Silwer
23.90
+1.6%
Brent-ruolie
72.60
-1.5%
Top-40
70,656
+0.9%
Alle aandele
75,783
+1.0%
Hulpbronne 10
68,962
+2.2%
Industriële 25
102,956
+0.2%
Finansiële 15
14,630
+1.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Goeie geselskap en baie kalm en saggeaard
Saggeaarde eerlike en opregte mens wat ander met respek hanteer. Baie beskermend teenoor n vrou en sal nooit kras praat of optree nie.
Kom ons klim die eerste trappie...
'n Dame met 'n goeie sin vir humor, hard werkend, vrede liewend want hou van goeie geselskap. Iemand met 'n lus vir die lewe, 'n groot hart en ek ken my...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot