AFGRI
BEAN
08 Aug
-
8940
0,00
CORN
08 Aug
-
3920
0,00
SOYA
08 Aug
-
8653
0,00
SUNS
08 Aug
-
10306
0,00
WEAT
08 Aug
-
7140
0,00
WMAZ
08 Aug
-
4195
0,00
YMAZ
08 Aug
-
4176
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Jun
-
164,91
0,00
Ave Wool - RWS
10 Jun
-
180,07
0,00
Beeste A2/3
29 Jul
-
60,38
0,45
Beeste AB2/3
29 Jul
-
58,48
0,27
Beeste B2/3
29 Jul
-
54,96
0,03
Beeste C2/3
29 Jul
-
47,7
-0,33
Bevrore Hoender
29 Jul
-
30,92
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
29 Jul
-
73,56
1,33
Bokooie
29 Jul
-
52,68
3,15
Groot (meer as 40 kg)
29 Jul
-
43,74
0,12
Hoender (IQF)
29 Jul
-
29,99
-0,06
Medium (30-40kg)
29 Jul
-
58,6
1,92
Pork Average
29 Jul
-
25,84
0,52
Poultry Average
29 Jul
-
30,84
0,04
Skaap A2/3
29 Jul
-
103,69
3,19
Skaap AB2/3
29 Jul
-
87,73
0,49
Skaap B2/3
29 Jul
-
80,62
-1,33
Skaap C2/3
29 Jul
-
77,93
-0,08
Speenkalf
29 Jul
-
37,01
0,05
Spekvarke
29 Jul
-
27,46
0,21
Stoorlammers
29 Jul
-
48,06
0,15
Varkwors
29 Jul
-
21,63
-0,07
Vars Hoender
29 Jul
-
31,63
0,08
Vleisvarke
29 Jul
-
25,68
0,50

Beraad: Werkloosheid een van die grootste veiligheidskwessies

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Mnr. Bheki Cele. Foto: GCIS
Mnr. Bheki Cele. Foto: GCIS
As ons nie werkloosheid en armoede opgelos kry nie, is almal in Suid-Afrika gedoem, het mnr. Bheki Cele, minister van polisie, in sy openingsrede op ’n landelike veiligheidsberaad gewaarsku.

Die beraad word vandag en môre op Parys in die Vrystaat aangebied.

Hy het gesê jong mense het verlede week op ’n konferensie van die polisie in KwaZulu-Natal gesê hulle moet óf aan boord geneem word óf hulle gaan die land verwoes. As voorbeeld oor die skrikwekkende werkloosheidsyfers het Cele gesê hulle het onlangs 10 000 studente vir die polisiekollege probeer werf. Hulle het 500 000 aansoeke ontvang, almal van matrikulante wat nie werk het nie.

“Ons het ook gesoek vir 200 gegradueerde BSc-studente vir ons laboratoriums. Daar was aansoeke van 57 000 werklose gegradueerdes, waarvan 6 000 werklose BSc-studente was. As hierdie syfers jou nie bang maak nie, sal niks anders dit doen nie.” Hy het gesê almal verwag daar moet stabiliteit wees, maar dit is nie moontlik onder hierdie omstandighede nie.

Cele het ook die voortdurende verwysing na korrupte polisielede wat nie hulle werk doen nie, gekritiseer. “Daar is ook baie goeie polisielede en hulle verdien lof wanneer dit hulle toekom. Daar is 6 000 oortreders in tronke met lewenslange vonnisse. Dit beteken iemand moes goeie ondersoekwerk gedoen het om ’n regter te oortuig om só ’n vonnis uit te spreek.”

Klappe na boere

Hy het ook klappe na boere uitgedeel oor rassisme en die indiensneming van onwettige immigrante.

Volgens hom is daar baie rassisme in die bedryf al is dit nie ’n besprekingspunt op die beraad nie. Hy noem voorbeelde soos gevalle waar op iemand geskiet word bloot omdat hy swart is, plaasbewoners se vee wat vergiftig word, en beeste waarop beslag gelê word en nooit weer aan hulle eienaars terugbesorg word nie. “Dit is almal se verantwoordelikheid om in vrede saam te leef. Dit is baie keer voormalige plaaswerkers wat aanvalle uitvoer, soms weens gierigheid, maar soms ook weens die swak verhouding tussen werkgewers en werknemers.”

Cele het gesê baie boere maak hulle skuldig aan indiensneming van ongeregistreerde buitelandse immigrante en dit skep groot ontevredenheid. “Julle sê die Suid-Afrikaanse werkers is lui, maar hulle sal veg vir hul regte en dit sal konflik veroorsaak soos in die vervoerbedryf.”

Mnr. Uys van der Westhuijzen, landelike veiligheidshoof van Agri SA, het in sy openingsopmerkings op die beraad gesê volgens ’n opname van Unisa wat op versoek van Agri SA gedoen is, is bevind sewe uit elke tien boere ly onder een of ander vorm van misdaad. Die vernaamste kategorieë is veediefstal, die diefstal van plaastoerusting, diefstal van wild en onwettige jag, sowel as roof.

Koste vir landbou

“Die direkte koste vir die landbougemeenskap weens misdaad is R5,5 miljard per jaar en as verdere koste vir onder meer veiligheid bygereken word, is dit R9,6 miljard per jaar. Dink net wat dit vir ontwikkeling en werkskepping kon beteken het as ons ons boerderybedrywighede eerder met hierdie geld sou kon uitbrei het.”

Hy het gesê die kern van die strategie is ’n aktiewe en gevestigde reserviste-stelsel in die landelike gebiede. “Sonder dít kan ons die dokumente opskeur en weggooi. Daar moet reserviste op die grond wees al is dit net twee per boerevereniging op plaaslike vlak. Bo alles, ons moet onmiddellik en betyds kan reageer anders help al ons planne niks.”

Mnr. Henry Geldenhuys, president van TLU SA, het gesê dit is ’n jammerte dat die landelike veiligheidsplan wat in 2019 afgeteken is, nooit in werking gestel is nie. “Daar was teikendatums en dit was ’n uitstekende plan. Die redes hoekom dit nog nie toegepas is nie, is nie bekend nie. Ons weet nie of dit gaan oor ’n begroting, ’n gebrek aan opgeleide personeel of logistiek nie. Hoekom is daar nuwe konsepplanne as ons reeds goedgekeurde planne het wat net in werking gestel moet word? Ons kan nie verdere vertragings bekostig nie.”

Mnr. Motsepe Matlala, president van die National African Farmers’ Union (Nafu), het gesê ’n belangrike woord wat nooit gehoor word nie is “respek”. “Hoe beveg ons misdaad sonder respek vir die polisie? Ons ken nie eers hulle rangstrukture nie. As ons vir hulle respek het, sal hulle ons ook respekteer. Ons moet nie net kritiseer nie, maar saam oplossings soek.”
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.65
-0.2%
Rand - Pond
20.16
-0.4%
Rand - Euro
17.03
-0.6%
Rand - Aus dollar
11.62
-0.2%
Rand - Jen
0.12
-0.3%
Goud
1,791.93
+0.2%
Silwer
20.63
-0.2%
Palladium
2,198.04
-2.0%
Platinum
942.00
-0.3%
Brent-ruolie
96.65
+1.8%
Top-40
63,771
0.0%
Alle aandele
70,266
0.0%
Hulpbronne 10
65,045
0.0%
Industriële 25
85,829
0.0%
Finansiële 15
15,741
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opsoek na my lewens maat deur dik en dun en lus vir die lewe.
Ek is lief vir die buite lewe en natuur. Geniet my vriende en familie. Hou van kuier saam goeie geselskap. En ek love my braai.
êrens is jy..: Antjie Krog
Ek is opreg. Liefdevol. Getrou. Maklik. Prettig. Lief vir die lewe. Musiek. Die natuur. Wil lag. Weer lewe saam my spesiale mens. Ek is lief vir diere. Ek dink soms meer as vir...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot