AFGRI
BEAN
27 Sep
-
9530
-36,00
CORN
27 Sep
-
4818
-37,00
SOYA
27 Sep
-
8700
-9,00
SUNS
27 Sep
-
9848
-120,00
WEAT
27 Sep
-
7045,8
-12,20
WMAZ
27 Sep
-
4838
-28,00
YMAZ
27 Sep
-
4680
-30,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Besitreg moontlik vir boere wat reeds op staatsgrond boer

akkreditasie
Ter illustrasie. Foto: Ainsley Moos
Ter illustrasie. Foto: Ainsley Moos
Besitreg kan toegestaan word aan boere wat reeds lank op staatsgrond boer, het die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling aangedui.

Die departement het met die proses begin om die oorblywende deel van die nagenoeg 700 000 ha staatsgrond wat beskikbaar gestel is, aan swart boere uit te deel. Voor die nuwe aansoekproses is 135 117 ha reeds aan 275 boere uitgedeel. Altesaam 529 014 ha of 894 plase sal nou aan begunstigdes wat aansoek gedoen en aan die kriteria voldoen, uitgedeel word vir verhuring op lang termyn.

’n Ondersoek is begin na staatsgrond wat reeds beset is, om te bepaal of daar huurkontrakte bestaan of op watter wyse die betrokke boere die grond gekry het. Me. Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, het vroeër gesê die hoofrede vir die ondersoek nie is om boere of gemeenskappe wat reeds op die grond boer te destabiliseer nie, maar om administrasie en bestuurstelsels vir staatsgrond in te stel wat verblyfsekerheid en stabiliteit verseker en die begunstigdes die geleentheid gee ter wille van volhoubare voedselsekerheid en ekonomiese groei. Dit het vroeër aan die lig gekom dat reeds geboer word op van die staatsplase waarom aansoek gedoen kan word.

Monitering

Me. Annette Steyn, die DA se skaduminister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, het die voorstel verwelkom vir besitreg op staatsplase waar boere reeds lank boer en het die departement aangemoedig om die voorwaardes hiervoor so spoedig moontlik te finaliseer.

Sy het gesê verskeie boere het die DA gekontak nadat hulle briewe ontvang het om die grond te verlaat. “Die departement het benadruk dat geen boer van die grond gejaag gaan word nie en dat die bevestigingsproses van boere op staatsgrond deurlopend is.”

Sy het gesê die DA sal die proses monitor om te verseker dat die departement by sy woord hou. “Ons sal nie toelaat dat suksesvolle boere van hul grond gesit word sonder ’n bakleiery nie.”

Die lys plase wat vir verhuring beskikbaar is, het paniek by boere meegebring omdat die grond waarop hulle reeds boer op die lys is. Die meeste van die boere wat huurooreenkomste vir die huur van staatsgrond het, se kontrakte is sedert 2016 nie hernu nie.

Kapasiteitsprobleme

Die departement het teenoor die parlement se portefeuljekomitee vir landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling erken dat hy nie die kapasiteit het om die huurkontrakte te bestuur van al die grond wat in die naam van die staat geregistreer is nie. Hierdie erkenning kom nadat die departement geadverteer het dat nagenoeg 700 000 ha staatsgrond aan boere verhuur sal word. Altesaam 36 853 aansoeke is hiervoor ontvang en die aansoektydperk het gestrek vanaf 15 Oktober 2020 tot 20 November 2020.

Die departement het aangedui dat al die aansoeke teen 13 Desember vasgelê sal word en die verifikasieproses vanaf 15 Desember tot 21 Desember sal plaasvind. Punte sal aan aansoekers toegeken word op grond van die aansoekkriteria. Van die goedgekeurde aansoekers sal al so vroeg as 29 Januarie 2021 die geadverteerde eiendomme kan besoek.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.96
+0.6%
Rand - Pond
19.40
-0.4%
Rand - Euro
17.31
+0.4%
Rand - Aus dollar
11.66
+0.1%
Rand - Jen
0.12
+0.4%
Goud
1,637.00
+0.9%
Silwer
18.67
+1.7%
Palladium
2,041.34
-0.1%
Platinum
861.76
+1.0%
Brent-ruolie
84.06
-2.5%
Top-40
57,305
+0.0%
Alle aandele
63,663
+0.1%
Hulpbronne 10
56,065
-0.3%
Industriële 25
79,425
-0.1%
Finansiële 15
14,087
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Enkel man wat op soek is na pasmaat om leemte te vul. te vul
Ek is eerlik en is gelykmatig in persoonlikheid. Hou van lag en sal nooit afbrekend teenoor iemand optree nie. Hou van goeie eerlike gesprekke.
Die lewe is kort. Kom ons geniet dit saam.
Ek is positief, hou van likewise mense. Is mal oor close wees. Love dit om enige iets te doen saam my geliefdes. Is maklik aanpasbaar. Het nie moodswings en issues.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot