AFGRI
BEAN
31 Mrt
-
9826
0,00
CORN
31 Mrt
-
4660
0,00
SOYA
31 Mrt
-
8175
0,00
SUNS
31 Mrt
-
8760
0,00
WEAT
31 Mrt
-
6631
0,00
WMAZ
31 Mrt
-
3977
0,00
YMAZ
31 Mrt
-
4029
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Besoedelde water stoot op na reën

Boere in die noordelike dele van die land moet bedag wees op die uitwerking wat  besoedelde water op hul gewasse kan hê na die swaar reëns, sê die NWF.

Boere in die noordelike dele van die land moet bedag wees op die uitwerking wat  besoedelde water op hulle gewasse kan hê na die swaar reëns en oorstromings wat die afgelope weke voorgekom het, sê die Nasionale Waterforum (NWF).


Luidens ‘n verklaring is die NWF bekommerd oor die situasie.


Mnr. Louis Meintjes, voorsitter van die NWF, sê die oorstromings het vuil en besoedelde water, wat verdunde sure en rioolwater bevat, oor ‘n wyer gebied versprei.


“Veral boere moet bedag daarop wees dat oorstroomde lande dalk spesiale aandag nodig het as die water eers gesak het. Die gevaar lê in die uitbreking van swamme en siektes waar daardie besoedelde water op boere se lande gekom het en boere moet fyn daarna oplet,” maan Meintjes.


Risiko’s rondom besproeiing

Intussen sê me. Mariëtte Liefferink, uitvoerende hoof van die Federasie vir ‘n Volhoubare Omgewing, onbehandelde suur mynwater loop vanuit die westelike mynkom in die Tweelopiespruit en die daaropvolgende vertakkings en riviere in, wat op die ouend deur besproeiingsboere op hul gewasse gebruik word.


“Ek was vanoggend (20 Januarie) daar en tans vloei daar sowat 40 miljoen liter onbehandelde suur mynwater, en 12 miljoen liter gedeeltelik behandelde water per dag in die spruit in. Dié water vloei af na die Tarlton-omgewing en word op die ouend deur meer as 11 900 besproeiingsboere gebruik,” vertel Liefferink.


Toetse

Liefferink sê vroeër is toetse op gewasse, spesifiek pruie en kool, langs een van die riviere gedoen en verhoogde uraanvlakke is daarin geïdentifiseer.


Sy raai boere aan om hulle gewasse te laat toets, en om as ‘n groep saam te staan om druk op die Regering uit te oefen om die situasie aan te spreek. “Die situasie hou risiko’s vir hulle lewensvatbaarheid en die land se produksiepotensiaal in.”


21 Januarie 2011

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.79
+0.0%
Rand - Pond
21.97
-0.1%
Rand - Euro
19.34
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.90
-0.0%
Rand - Jen
0.13
+0.0%
Platinum
991.31
0.0%
Palladium
1,460.24
0.0%
Goud
1,969.50
0.0%
Silwer
24.11
0.0%
Brent-ruolie
79.89
+1.6%
Top-40
70,498
-0.8%
Alle aandele
76,100
-0.8%
Hulpbronne 10
66,234
-1.9%
Industriële 25
102,950
-0.3%
Finansiële 15
15,496
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons kyk!!
Kom ons kyk wat die toekoms en moontlikhede inhou - tyd, geluk, vrede, liefde is kosbaar en net geleen aan ons!!
Kom ons sien wat die toekoms inhou..
Saggeaard met 'n passie vir my medemens, ambiseus en geniet die mooi in die lewe. Altyd gereed vir 'n nuwe uitdaging.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot