Die Wes-Kaapse Plaaswerker van die Jaar is onlangs op ‘n glansgeleentheid in Kaapstad bekendgemaak.
Die geleentheid is bygewoon deur verskeie hooggeplaaste gaste, waaronder die premier van die Wes-Kaap, me. Helen Zille, die Wes-Kaapse minister van landbou, mnr. Gerrit van Rensburg, asook die departementshoof van die provinsiale departement van Landbou, me. Joyene Isaacs.
Die volgende kategorie-wenners uit die Overberg het die streek by die provinsiale kompetisie verteenwoordig:
Mnr. Josef Diedericks (Kategoriewenner: Algemene werker)
Mnr. Arnoldus Johannes (Kategoriewenner: Trekkerdrywer)
Mnr. Anthony Strydom (Kategoriewenner: Diereproduksie)
Me. Anna Carelse (Kategoriewenner: Administratiewe personeel)
Me. Anna Herdien (Kategoriewenner: Tegniese operateur)
Me. Florina Samson (Kategoriewenner: Junior bestuur en algehele wenner vir Overberg-streek)
Mnr. Michael Edon (Kategoriewenner: Middel-bestuur)
Mnr. Adam Mouton (Kategoriewenner: Senior bestuur).
Die Overberg het teen 11 ander streke in die Wes-Kaap meegeding. Drie deelnemers uit die Overberg is as provinsiale kategorie-wenners aangewys:
Mnr. Anthony Strydom (Kategorie wenner: Diereproduksie)
Me. Florina Samson (Kategorie wenner: Junior bestuur)
Mnr. Adam Mouton (Kategorie wenner: Senior bestuur).
Uiteindelik is mnr. Christo Somers uit die Swartlandstreek as algehele wenner aangewys. Behalwe vir die prysgelde wat hy gewen het, is daar ook ‘n oorsese studiebesoek ingesluit. Verder sal hy voortaan deel uitmaak van die Prestige Plaaswerkersforum, wat bestaan uit al die vorige jare se algehele wenners, wat onder meer regstreeks met die Wes Kaapse premier asook die minister van landbou skakel in verband met plaaswerker-aangeleenthede.
Mnr. Johan Montgomery, voorsitter van die Overberg Distrikslandbouvereniging, wat in samewerking met Agri Mega verantwoordelik is vir die aanbied van die kompetisie in die Overberg, het die wenners met hul uitsonderlike prestasies gelukgewens. Hy is dankbaar dat daar soveel inskrywings uit die Overberg streek was en trots is op die wyse waarop hulle die Overberg by die provinsiale kompetisie verteenwoordig het.
10 November 2010