AFGRI
BEAN
17 Aug
-
8529
-33,00
CORN
17 Aug
-
4015
-47,00
SOYA
17 Aug
-
8705
-40,00
SUNS
17 Aug
-
10912
59,00
WEAT
17 Aug
-
6890
6,00
WMAZ
17 Aug
-
4320
-34,00
YMAZ
17 Aug
-
4235
-17,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Jun
-
164,91
0,00
Ave Wool - RWS
10 Jun
-
180,07
0,00
Beeste A2/3
05 Aug
-
59,93
-0,33
Beeste AB2/3
05 Aug
-
58,21
0,44
Beeste B2/3
05 Aug
-
54,93
-0,26
Beeste C2/3
06 Aug
-
48,03
-0,31
Bevrore Hoender
05 Aug
-
30,82
0,06
Bokkies (onder 30 kg)
05 Aug
-
72,23
-9,16
Bokooie
05 Aug
-
49,53
-11,74
Groot (meer as 40 kg)
05 Aug
-
43,62
0,97
Hoender (IQF)
05 Aug
-
30,05
0,21
Medium (30-40kg)
05 Aug
-
56,68
-4,81
Pork Average
05 Aug
-
25,32
-0,66
Poultry Average
05 Aug
-
30,8
0,10
Skaap A2/3
05 Aug
-
100,5
-0,06
Skaap AB2/3
05 Aug
-
87,24
1,74
Skaap B2/3
05 Aug
-
81,95
0,36
Skaap C2/3
05 Aug
-
78,01
0,45
Speenkalf
05 Aug
-
36,96
0,46
Spekvarke
05 Aug
-
27,25
-0,23
Stoorlammers
05 Aug
-
47,91
0,66
Varkwors
05 Aug
-
21,7
0,04
Vars Hoender
05 Aug
-
31,55
0,05
Vleisvarke
05 Aug
-
25,18
-0,61

Betrek kommersiële sektor op groot skaal in ekonomie

akkreditasie
Foto: Liza Bohlmann
Foto: Liza Bohlmann
Pres. Cyril Ramaphosa moet gehoor gee aan die noodkreet van die kommersiële sektor in Suid-Afrika en die faktore aanpak wat grootskaalse plaaslike belegging en betrokkenheid by die vestiging van kommersiële en ontwikkelingsprojekte ontmoedig.

Dít was die pleitdooi van Agri SA voor die president se staatsrede môre. Mnr. Christo van der Rheede, uitvoerende direkteur, sê die president sal die rol van die kommersiële sektor baie duidelik moet uitstippel.

Hy sê kwessies wat moet aandag kry, is politieke stabiliteit, beleidsekerheid, bekostigbaarheid en buigsaamheid van die arbeidsmag, veiligheid, eiendomsreg, mededingendheid van die ekonomie, gehalte van infrastruktuur en die staat se diensleweringsvermoë.

“Agri SA wil waarsku teen die onsekerheid wat deur die onteieningswetsontwerp en voorgestelde verandering aan artikel 25 van die Grondwet veroorsaak word. Ekonomiese teorie en geskiedenis dui daarop dat sekerheid oor eiendomreg ’n belangrike rol speel om beleggings te lok. Dit lei weer tot ekonomiese groei en wydverspreide welvaart op lang termyn.”

Hy waarsku dat die ekonomie al ’n dekade lank nie sinvol groei nie. “Werkloosheid neem toe. Aanhoudende beurtkrag ontwrig besighede en mense se lewens. Verskeie staatsondernemings is in die knyp en Suid-Afrika se openbare finansies is onder ernstige druk.”

Volgens Agri SA was daar wel suksesse, maar daar is ook gebiede waar daar geen vordering was nie. Suksesse sluit in die vordering wat gemaak is met die geïntegreerde hulpbronplan en onder meer investering in die ekonomie deur internasionale maatskappye soos Ford, wat R15,8 miljard gaan belê. PepsiCo, wat vroeër vanjaar Pioneer Foods gekoop het, gaan R5,5 miljard belê. Telkom gaan R8 miljard belê in infrastruktuur. Google het bevestig dat hy R2,2 miljard gaan bestee om sy optiese internetverbindings reg oor Suid-Afrika uit te brei.

“Dit is goeie nuus en ’n bevestiging dat die president daarin slaag om internasionale beleggings na Suid-Afrika lok,” sê Van der Rheede. Agri SA meen dat die president nou weer ? geleentheid het om die kommersiële sektor op groot skaal te betrek om Suid-Afrika op ’n pad van volhoubare ekonomiese groei, werkskepping en ontwikkeling te plaas.

“Dit geld vir alle terreine van die samelewing, maar dit is in die hande van die president om die boublokke vir so ’n vennootskap stewig te vestig. Terselfdertyd moet ’n omgewing geskep word waarin die kommersiële sektor nie deur allerlei faktore aan bande gelê word nie, maar waarin dit kan gedy om Suid-Afrika en al sy mense tot diens te wees.”

Van der Rheede sê verslae deur die ouditeur-generaal oor die toepassing van Covid-19-inisiatiewe deur die staat, die finansiële stand van verskeie staatsondernemings en verbandhoudende projekte, skets ’n ontstellende prentjie van gebrekkige kontrole, wanbestuur, korrupsie en swak óf nie-uitvoering van projekte. “In dié verband sal die president omvattende en praktiese maatreëls moet afdwing om die onaanvaarbaar hoë vlakke van onreëlmatighede, gebrekkige kontrole en oorsig, nie-nakoming van voorskrifte en korrupsie stop te sit en amptenare tot verantwoording te roep. Betrek dus die private sektor om self Covid-19-entstowwe aan te koop, te versprei en toe te dien. Die staat het nie voldoende kapasiteit om dit suksesvol te doen nie.”
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.65
-1.6%
Rand - Pond
20.05
-1.1%
Rand - Euro
16.92
-1.5%
Rand - Aus dollar
11.53
-0.1%
Rand - Jen
0.12
-0.6%
Goud
1,760.16
-0.9%
Silwer
19.75
-2.0%
Palladium
2,145.00
-0.7%
Platinum
926.00
-1.3%
Brent-ruolie
92.34
-3.0%
Top-40
64,168
-0.9%
Alle aandele
70,967
-0.8%
Hulpbronne 10
63,227
-3.3%
Industriële 25
87,430
+0.4%
Finansiële 15
16,160
-0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Natuurmens
Ek is n natuur mens wat hou van die buitelewe. Ek is n God's kind. Baie lojaal en liefdevol. Ek is hou van gesels en romanse
Twee halwes maak een!
Eks lewenslustig, betroubaar, hardwerkend (een man vrou) energiek en hou van uitdagings. Ek hou van kosmaak, diere, mense en kinders. Eks n netjiese vrou en kyk mooi na myself.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot