AFGRI
BEAN
02 Des
-
9365
0,00
CORN
02 Des
-
4550
0,00
SOYA
02 Des
-
10600
0,00
SUNS
02 Des
-
11030
0,00
WEAT
02 Des
-
6745
0,00
WMAZ
02 Des
-
5203
0,00
YMAZ
02 Des
-
4966
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Beurs se opskorting ‘nie risiko vir beleggers’

akkreditasie
Ter illustrasie. Foto: Theuns Botha
Ter illustrasie. Foto: Theuns Botha
Maatskappye wat op die alternatiewe aandelebeurs ZAR X genoteer is, skarrel om beleggers gerus te stel oor die tydelike opskorting van sy lisensie. Die beurs sê dis net ’n tydelike terugslag en beleggers se geld is veilig.

ZAR X, die platform waarop onder meer Senwes en TWK se aandele verhandel, het appèl aangeteken nadat die gedragsowerheid vir die finansiële sektor (FSCA) Maandag onverwags aangekondig het dat hy in oorleg met die Reserwebank besluit het om dié beurs se lisensie tydelik op te skort. Dis gedoen weens ’n oortreding deur ZAR-X van die regulatoriese kapitaalvereistes wat die minimum voorskryf wat ’n beurs in likiede kapitaal, soos kontant, moet eenkant hou. ZAR X voer aan sy unieke sakemodel moet in ag geneem word wanneer die bedrag bepaal word en dat dit dus minder behoort te wees as wat die Reserwebank voorskryf.

Sewe ondernemings se aandele is op dié beurs genoteer, onder meer dié van die landboumaatskappye Senwes en TWK Investments. Laasgenoemde het vroeër aangekondig dat hy in September sy aandele na twee ander sekuriteitebeurse, 4AX-sekuriteitebeurs, as primêre notering, en A2X-sekuriteitebeurs, as ’n sekondêre notering, sal verskuif, om groei te ontsluit.

TWK in duister gehou

Aandeelhouers van TWK Investments het rede om ontevrede te wees oor die skielike opskorting van verhandeling in hul aandele, sê mnr. Eddie Fivaz, finansiële hoof van TWK. “Ons wou al vroeër as einde September geskuif het, maar ZAR X het dit vir ons moeilik gemaak om dit te doen, wetende dat hierdie swaard (van die opskorting van sy lisensie) oor sy kop hang. Nóg ZAR X, nóg die FSCA kon ons enige duidelikheid gee oor die situasie. As ons vroeër gewaarsku is, sou ons ons planne om van ZAR X te denoteer vinniger in werking gestel het.”

TWK het volgens Fivaz onlangs ’n wesenlike transaksie afgehandel wat deels met sy eie ekwiteit, in die vorm van aandele, gefinansier gaan word. Die onnodige vertraging in die verskuiwing na 4AX en sekondêre notering op A2X kon vermy word. Die huidige opskorting in die verhandeling van sy aandele op ZAR X kan veral finansiële druk plaas op die verkopers van sy aandele.

Senwes en Senwesbel het Dinsdag in ’n verklaring aan aandeelhouers gesê daar is geen finansiële verhandelingsrisiko's vir aandeelhouers weens die opskorting nie en dat dividendbetalings voortgaan, onderworpe aan goedkeuring op die jaarvergadering. “Die direksie oorweeg alternatiewe vir die toekoms, indien dit nodig sou wees, en vertrou dat die saak tussen ZAR X en die FCSA binnekort opgelos sal wees. Aandeelhouers sal op hoogte gehou word van verdere ontwikkelinge.”

Besluit ‘nie ligtelik’ geneem

Mnr. Unati Kamlana, kommissaris van die FSCA, sê sy besluit oor opskorting is nie ligtelik geneem nie. “Ons glo dis nodig om die geloofwaardigheid van die mark te beskerm en dit is in belang van genoteerdes en beleggers gedoen.” ZAR X het nou drie maande tyd om die situasie reg te stel. Hy mag transaksies wat aan die gang of nog nie gefinaliseer is nie, afhandel, maar mag nie verdere verhandeling toelaat nie.

Mnr. Etienne Nel, uitvoerende hoof van ZAR X, sê die beurs was voor die opskorting in gesprek met die owerhede oor die minimum bedrag wat vereis word, en sal steeds met die FSCA saamwerk om die kwessie op te los. Die tydsberekening van die verklaring het ZAR X sleg getref. “Ons het einde laasjaar ’n finansieringstransaksie beklink met ’n oorsese belegger wat ’n beherende belang in die beurs sou verkry, maar die transaksie het ongelukkig gesloer weens die onvermoë van ons grootste aandeelhouer, die Openbare Beleggingskorporasie, om die transaksie amptelik goed te keur.”

Dié gesloer en die dispuut oor die kapitaalvereiste het volgens Nel tot die tydelike opskorting van die lisensie gelei. “Dit hou geen risiko in vir beleggers of uitreikers van aandele nie. Hul geld word in ’n aparte trustrekening geplaas en vorm nie deel van die beurs se balansstaat nie.”

Hy sê ook dié beurs het ’n aantal voornemende noterings beding waarvan die noulettendheidsondersoeke reeds afgehandel is, maar wat weens Covid-19 vertraag is.

ZAR X het in 2017 begin handel dryf as een van vier nuwe beurse wat sedert 2016 hul lisensie by die FSCA gekry het toe die Wet op Finansiële Markte (Wet 19 van 2012) dit onwettig gemaak het om aandele “oor die toonbank” te verhandel, soos wat verskeie landboumaatskappye tot in daardie stadium gedoen het.

Op daardie tydstip was die JSE die enigste effektebeurs waarop aandele verhandel is. Sedertdien het die mededinginging van die kleiner beurse tot laer transaksiekoste gelei. Die vraag waaroor beleggers en die finansiële reguleerders nou moet besin, is of die speelveld steeds groot genoeg is vir meer as een alternatiewe beurs.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.56
-0.0%
Rand - Pond
21.59
-0.4%
Rand - Euro
18.50
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.92
-0.2%
Rand - Jen
0.13
-0.2%
Goud
1,797.91
0.0%
Silwer
23.15
0.0%
Palladium
1,900.00
0.0%
Platinum
1,020.00
0.0%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,238
-0.9%
Alle aandele
74,323
-0.9%
Hulpbronne 10
74,020
-2.7%
Industriële 25
91,592
-0.6%
Finansiële 15
15,398
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wees net jouself
Wil graag die mooi in die lewe deel met iemand. Ek het n baie mooi hart so ontdek dit. Ek lewe voluit en maak die beste van die lewe.
Passievolle mensie opsoek na vriendskap en liefde
Vriendelike en opregte persoon. Opsoek na iemand met goeie morele waardes, lus vir die lewe. Passie vir liefde en die lewe.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot