AFGRI
BEAN
04 Okt
-
9192
-138,00
CORN
04 Okt
-
4891
-69,00
SOYA
04 Okt
-
9287
-78,00
SUNS
04 Okt
-
10215
35,00
WEAT
04 Okt
-
7166
-33,00
WMAZ
04 Okt
-
4923
-61,00
YMAZ
04 Okt
-
4868
-62,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Beurtkrag: Eskom moet saam met boere werk

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Vida Booysen
Foto: Vida Booysen
Eskom moet met boere saamwerk om die rampspoedige impak van beurtkrag op voedselsekerheid te beperk, sê mnr. Christo van der Rheede, uitvoerende direkteur van Agri SA.

Hy sê Agri SA het mnr. André de Ruyter, uitvoerende hoof van Eskom, skriftelik versoek vir meer duidelikheid oor die vooruitsig vir beurtkrag in die komende weke. “Aangesien beurtkrag aan die begin van die somerplantseisoen vererger, kan die huidige kragkrisis ’n impak op voedselsekerheid in die komende jare hê as boere nie die nodige maatreëls vinnig genoeg kan toepas nie.”

Krag is ’n noodsaaklike landbou-inset. Volgens die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling het die landbousektor verlede jaar sowat R9 miljard op krag bestee. “Dit is 7% meer as die sektor se besteding op intermediêre goedere en dienste. ’n Betroubare kragvoorraad is veral noodsaaklik vir die sektor se besproeiing en waterbehandeling,” sê Van der Rheede.

Volgens hom het beurtkrag verreikende gevolge vir verskeie landboukommoditeite en dat die impak van beurtkrag veel verder as net kragonderbrekings strek. “Dit duur gewoonlik tot ’n uur vir besproeiingstelsels om te hervat nadat beurtkrag geëindig het. Dit kos boere tyd en addisionele arbeidskoste. Kragonderbrekings onderbreek ook verkoeling en verpakking wat op sy beurt weer ’n impak op voedselgehalte het. Dit kan tot gesondheidsrisiko’s vir mense en diere lei omdat toegang tot skoon water en die behandeling van afvalwater onderbreek word.”

Wat uitvoerkommoditeite betref, kan beurtkrag lei tot die onderbreking van kouekettingprotokolle wat deur uitvoermarkte vereis word, asook die vertraging van verskepings. “Dit skaad Suid-Afrika se beeld as ’n betroubare mark.”

Grootste bedreiging voedselsekerheid

Die grootste bedreiging wat beurtkrag egter volgens hom inhou, is vir Suid-Afrika se voedselsekerheid. “Indien daar weens onvoldoende besproeiing nie voldoende opbrengste is nie of boere minder plant uit vrees vir verliese, sal die land die gevolge van beurtkrag in die toekoms ook ervaar as die opbrengs vir somergewasse nie realiseer nie. Die gevolg sal dan voedseltekorte en hoë pryse wees.”

Hy sê Agri SA is bewus van Eskom se plan om 1 000 MW krag aan te koop, maar boere moet meer weet sodat hulle vir die komende seisoen kan beplan. “Gegewe die omvang van wat hier op die spel is, het Agri SA vir Eskom genader om meer duidelikheid oor die huidige probleme en insig oor die vooruitsig vir die komende jaar te kry sodat die sektor planne kan beraam om risiko’s te versag en homself asook verbruikers te verskans.

“Ons vertrou dat Eskom en die regering saam met ons sal werk om ’n voedselsekerheidskrisis weens die voortslepende kragkrisis te vermy.”

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.67
+0.9%
Rand - Pond
20.15
+0.3%
Rand - Euro
17.58
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.49
+1.1%
Rand - Jen
0.12
+0.9%
Goud
1,712.49
+0.8%
Silwer
20.95
+1.2%
Palladium
2,339.50
+5.2%
Platinum
927.50
+2.5%
Brent-ruolie
88.86
+4.2%
Top-40
59,638
+3.1%
Alle aandele
66,102
+2.9%
Hulpbronne 10
64,311
+4.3%
Industriële 25
79,706
+2.8%
Finansiële 15
14,059
+1.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lus vir lekker lag
Ek is n hardwerkende man wat hou van avontuur en goeie geselskap, n lekker kuier en goeie vriende. Ek is oop vir nuwe dinge in die lewe.
Lag en leef
Ek is n liefdevolle mens en sien die positiewe altyd in mense. Die lewe is te kort om ongelukkig te wees.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot