AFGRI
BEAN
22 Mrt
-
9997,2
-0,80
CORN
22 Mrt
-
4590
25,00
SOYA
22 Mrt
-
8450
-62,00
SUNS
22 Mrt
-
9400
-355,00
WEAT
22 Mrt
-
6525
-85,00
WMAZ
22 Mrt
-
3886,6
-63,40
YMAZ
22 Mrt
-
4100
-59,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Beurtkrag: Eskom sê nog 2 jaar

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Alani Janeke
Foto: Alani Janeke
Eskom wil beurtkrag binne twee jaar eindig en is hoopvol die kans vir vlak 8 raak al hoe skraler.

Mnr. André de Ruyter, uitvoerende hoof van Eskom, het vanoggend (Sondagoggend) tydens Eskom se mediakonferensie sy innige verskoning aangebied vir die wydverspreide en groot impak wat beurtkrag op die land, ekonomie en mense se daaglikse lewens het.

Eskom het ’n oorsig gegee oor die stand van die land se kragnetwerk en wat gedoen word om die kragkrisis te bestuur en te verbeter.

De Ruyter het erken Eskom se energiebeskikbaarheidsfaktor het die laaste weke sleg gedaal en is op die oomblik 58%. Volgens mnr. Jan Oberholzer, bedryfshoof, is 12,5% van Eskom se opwekkingsvermoë tans nie beskikbaar nie weens beplande en onbeplande onderbrekings.

Mnr. Mpho Makwana, direksievoorsitter van Eskom, het ook gesê Eskom besef die kragverskaffer se swak vertoning het 'n geweldige impak op die land, maar die omkeerplan in samewerking met verskeie belanghebbers soos verskeie departemente en die nasionale energiekrisiskomitee, is op dreef.

Volgens Makwana wil Eskom alles in sy vermoë doen om vir die volgende twee jaar beurtkrag tussen vlak 2 en vlak 3 te hou juis om mense en besighede die geleentheid te gee om beter te beplan. Die land kan so vroeg soos Dinsdag terugkeer na vlak 2-beurtkrag gedurende die dag, maar Oberholzer het ook gewaarsku enige onbeplande gebeure kan hierdie plan in die wiele ry. Vlak 3-beurtkrag sal wel in die aande ingestel word.

Makwana het gesê een van die maniere om Eskom te help om homself te verbeter, is om aansporings by kragstasies in te stel. Daar is tans geen aansporings vir goeie vertonings by kragstasies nie.

Hy het ook genoem die soektog om De Ruyter se pos van uitvoerende hoof en Oberholzer s'n van bedryfshoof te vul, is aan die gang.

Hy het die beweerde vergiftiging van De Ruyter beskryf as boos. “De Ruyter het amper die grootste opoffering betaal.”

  • Vollediger beriggewing oor Eskom se planne volg

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.54
-0.0%
Rand - Pond
22.77
-0.5%
Rand - Euro
19.97
-0.1%
Rand - Aus dollar
12.40
-0.3%
Rand - Jen
0.14
-0.0%
Platinum
975.53
+0.3%
Palladium
1,390.90
-1.1%
Goud
1,944.85
+0.2%
Silwer
22.46
+0.3%
Brent-ruolie
75.32
+2.0%
Top-40
69,339
+0.8%
Alle aandele
74,792
+0.7%
Hulpbronne 10
65,141
-0.8%
Industriële 25
101,043
+1.2%
Finansiële 15
15,287
+1.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Gemaklik met 'n goeie sin vir humor
Ek is 'n "easy going" persoon met 'n goeie sin vir humor. Ek hou van die bos en geniet die see miskien 'n bietjie meer. Ek is 'n baie positiewe...
Kom ons skryf ons eie roman
Wel ek hou van baie lag, dus vriendelik. Ek is energiek en wil nog die lewe geniet. Hou van stap en soms oefen as tyd dit toelaat. Hou van die buitelewe en natuur. Geniet dit...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot