Die sagtevrugte-uitvoerseisoen begin vanaf middel November en produsente skarrel om hul koueketting in stand te hou sodat hulle vrugte van uitvoergehalte kan lewer.
Eskom het oor die naweek fase 4-beurtkrag ingestel wat Maandag na fase 3 verminder is.
Aanhoudende beurtkrag het beslis verdere spanning en koste op ’n bedryf geplaas wat reeds onder groot druk is, sê me. Elzette Schutte, woordvoerder van Berries ZA. “Dis nie net die bloubessieprodusente nie, die hele vrugtebedryf beleef een van die spannendste seisoene in ’n baie lang tyd weens dié probleme.”