AFGRI
BEAN
20 Mrt
-
10116
0,00
CORN
20 Mrt
-
4609
0,00
SOYA
20 Mrt
-
9375
0,00
SUNS
20 Mrt
-
10040
0,00
WEAT
20 Mrt
-
6639
0,00
WMAZ
20 Mrt
-
4153
0,00
YMAZ
20 Mrt
-
4201
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Beurtkrag: Sonder ingryping ‘gaan tekorte ontstaan’

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Lucille Botha
Foto: Lucille Botha
Indien die beurtkragkrisis voortduur, kan die land se vervaardigers en kleinhandelaars van verbruikersgoedere nie waarborg dat daar deurlopend voedsel, medisyne en ander noodsaaklik goedere gaan wees nie, lui ’n brief van uitvoerende hoofde van dié maatskappye aan pres. Cyril Ramaphosa.

“Die regering moet dit verstaan, eerder as om te glo dat ons sake kan bly doen soos gewoonlik,” lui ’n ope brief van die uitvoerende hoofde van lede van die Verbruikersgoedereraad van Suid-Afrika aan die president.

Hulle sê op die vooraand van Ramaphosa se staatsrede môre (9 Febuarie) dit is nodig dat die regering dringend en beslissend optree om die krisis op te los en op spesifieke stappe te doen om te verseker dat die bedryf vir verbruikersgoedere sy rol kan vervul as ’n noodsaaklike diens aan elke familie in die land.

“Ons neem ons verantwoordelikheid om die nasie volhoubaar te voed, baie ernstig op. Ons werk onvermoeid, dag en nag, om voedsel- en huishoudelike produkte te produseer, seker te maak daar is gesondheidsorgprodukte en om te verseker dat dit altyd in ons winkels beskikbaar is wanneer klante dit nodig het.

“Die bedryf vir verbruikersgoedere se bydrae tot die bruto binnelandse produk is aansienlik en dit is ook die land se grootste werkgewer. Miljoene mense maak op ons staat vir hul lewensbestaan.

“Ons is verontrus en ontsteld deur die vlakke van beurtkrag wat ons oor die afgelope dekade moes verduur en wat in onlangse maande katastrofies geëskaleer het.

“Terwyl ons ons bedrywighede en voorsieningskettings so ver moontlik gehandhaaf het deur nood-kragopwekkers te gebruik, was dit teen ’n onvolhoubare finansiële koste. Dit verlam ons ondernemings en sal uiteindelik baie hoër pryse vir verbruikers beteken, wat reeds onder ernstige finansiële druk is.

“Die agteruitgang van ander noodsaaklike infrastruktuur, insluitend water, paaie, spoorweë en polisiedienste, maak ons taak, en dié van duisende ander sake-ondernemings regoor die land, selfs moeiliker."

Tree nóú op

In die brief vra die sakeleiers dat die regering se stappe die volgende moet insluit:

  • Vinnige inwerkingstelling van bestaande planne om die energiekrisis op te los;
  • Die verwydering van regulatoriese burokrasie en stygende onregstreekse belastings, soos die heffing vir gesondheidsbevordering, om belegging en sakevolhoubaarheid moontlik te maak;
  • Die pak van die verval van noodsaaklike infrastruktuur soos water, paaie, spoorweë en polisiedienste;
  • Die opskorting van die brandstof- en padongelukkefondsheffing vir ondernemings en waardekettings in die bedryf vir verbruikersgoedere, vir so lank as wat gereelde beurtkrag plaasvind. Dit is volgens hulle ’n kritieke sektor wat oorweeg moet word vir brandstof-rabatte soortgelyk aan dié vir die mynwese, landbou, visserye en bosbou;
  • Doeltreffende belasting- en ander aansporings om gelokaliseerde hernubare energie op klein en medium skaal te kan installeer;
  • Stappe om te verseker dat noodsaaklike infrastruktuur, soos noodsaaklike voedselproduksie, medisyne en verspreidingsgeriewe, nie net vrygestel word van beurtkrag nie maar voorrang geniet op die veiligheids- en sekuriteitslys; en
  • Versnelling van die bekamping van onwettige handel in die hele ekonomie omdat dit die belastingsbasis verklein en die regering op dié kritieke tyd ontneem van noodsaaklike inkomste.

Die brief is onderteken deur mnre. Gareth Ackerman en Johann Vorster, medevoorsitters, en me. Zinhle Tyikwe, uitvoerende hoof van die raad.

Dit is uitgereik namens die uitvoerende hoofde van die volgende ondernemings: BAT East and Southern Africa, Bidfood, Massmart, Famous Brands, Exclusive Books, Magaliescitrus, Mars, Burger King, Coca Cola, Tiger Brands, Pick n Pay Retailers, Shoprite, PepsiCo en OBC.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.57
-0.3%
Rand - Pond
22.65
+0.4%
Rand - Euro
19.99
-0.7%
Rand - Aus dollar
12.37
+0.6%
Rand - Jen
0.14
+0.5%
Platinum
968.58
-1.6%
Palladium
1,391.88
-1.8%
Goud
1,938.16
-2.1%
Silwer
22.26
-1.3%
Brent-ruolie
73.79
+1.1%
Top-40
68,799
0.0%
Alle aandele
74,271
0.0%
Hulpbronne 10
65,660
0.0%
Industriële 25
99,818
0.0%
Finansiële 15
15,066
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Hier om nuwe mense te ontmoed
Ek is vol lewe hoi van uitdaacings jonk van hart en flees Hou van buitelewe visvang lamp Hou van lag en liefde
Kom ons vat 'n Kans
Ek is 'n vriendelike, eerlike en reguit mens. Hou nie van leuns en dinge wegsteek nie. Wat jy sien is wat jy kry. Treat me the way you want to be treated, . better Be Real!
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot