Dié sterk woorde oor die uitwerking van beurtkrag op voedselvervaardiging, in die besonder van suiwelprodukte, kom van mnr. Steven Velthuysen, hoof van regs- en sekretariële sake by Clover.
“Die handhawing van temperature is sowel in die vervaardigingsproses as in die verspreiding van suiwelprodukte die enkel belangrikste aspek. Dit is noodsaaklik,” sê Velthuysen.
Suiwelmaatskappye moet voldoen aan wetgewing en regulasies rakende die maksimum temperatuur vir die verspreiding en opberging van verkoelde suiwelprodukte.