
Behalwe vir die twee opwekkingseenhede by die Tutuka-kragstasie wat afgeskakel moes word, is die herstel van lewering by die Arnot-kragstasie vertraag, wat kapasiteit verder verminder het.
As gevolg daarvan geld vlak 3-beurtkrag vandag tot om 16:00 waarna vlak 4-beurtkrag ingestel sal word.
Eskom sal gedurende die middag ’n volledige verslag oor die nuutste ontwikkelinge verskaf.
* Eskom het Maandagmiddag bevestig beurtkrag sal daagliks om 16:00 tot 05:00 vlak 4 geld, waarna vlak 3 daagliks gedurende die dag geïmplementeer sal word. Dit sal tot verdere kennisgewing geld.
Oor die afgelope 24 uur is twee opwekkingseenhede by Tutuka-kragstasie uit die netwerk geneem vir herstelwerk terwyl twee eenhede by die Arnot Power weer in diens geneem is.
Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.