Wanneer braaihoenderprodusente agter raak met slag, word die hoenders ouer en groter as wat kitskosrestaurante nodig het.
KFC het einde Desember gesê hy moes weens verskaffingsprobleme met hoendervleis sowat 6% van sy takke tydelik sluit en dat daar by sekere van sy restaurante tydelik ook nie hoendersnitte op die spyskaart beskikbaar was nie.
Astral Foods, ’n verskaffer van KFC, het bevestig dat beurtkrag ’n erge uitwerking het. “Beurtkrag veroorsaak dat die hoender se ouderdom en gewig aanbeweeg. Daar is daarom minder hoenders beskikbaar in die spesifieke gewigreeks en snitgroottes wat kitskosrestaurante vereis.