AFGRI
BEAN
20 Mrt
-
10116
0,00
CORN
20 Mrt
-
4609
0,00
SOYA
20 Mrt
-
9375
0,00
SUNS
20 Mrt
-
10040
0,00
WEAT
20 Mrt
-
6639
0,00
WMAZ
20 Mrt
-
4153
0,00
YMAZ
20 Mrt
-
4201
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
0,00
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
0,00
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,00
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
0,00
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,00
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
0,00
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
0,00
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
0,00
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,00
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
0,00
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
0,00
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,00
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
0,00
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,00
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
0,00
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
0,00
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
0,00
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,00
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
0,00
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,00
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,00
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
0,00
Deel

Beurtkrag: ‘Vlak 6 onaanvaarbaar vir landbou'

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Van die trekkers waarmee die landbougemeenskap Vrydag by GWK se perseel op Douglas byeen gekom het. Boere het onder meer met trekkers en waens vol produkte op Douglas saamgekom om hul kommer en misnoeë met die kragkrisis en beurtkrag se verwoestende impak op hul boerderye duidelik te maak. Foto: Charné Kemp
Van die trekkers waarmee die landbougemeenskap Vrydag by GWK se perseel op Douglas byeen gekom het. Boere het onder meer met trekkers en waens vol produkte op Douglas saamgekom om hul kommer en misnoeë met die kragkrisis en beurtkrag se verwoestende impak op hul boerderye duidelik te maak. Foto: Charné Kemp
Eskom is bereid om die landbousektor tegemoet te kom omdat die impak van beurtkrag hierop meer drasties en tasbaar is.

Die uitvoerende hoof van die beleërde Eskom, mnr. André de Ruyter, het Sondagoggend tydens ’n mediasessie gesê hoewel baie sektore in die land daarop kan aanspraak maak dat hulle uitsonderings is as dit by kragvoorsiening en beurtkrag kom, is landbou regtig spesiaal.

De Ruyter het gesê hy het onlangs met me. Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, en van haar amptenare vergader. “Die vergadering was baie positief. Aan albei kante is die verstandhouding goed. Ek dink landbou is regtig ’n baie spesiale geval. Sekere gewasse moet byvoorbeeld aanhou besproei word en het verkoeling nodig om produkte koud te hou.

“Ons wil met boere en landbouverenigings vergader en gesels oor hoe ons hulle tegemoet kan kom wanneer baie hoë vlakke van beurtkrag ingestel word, juis om boere te help om steeds na hul gewasse om te sien wat uiteraard bydra tot voedselsekerheid en uitvoerinkomste.”

Eskom wil volgens hom veranderings en maatreëls begin instel wat landbou kan help en tegemoetkom.

Mnr. Jan Oberholzer, bedryfshoof van die kragreus, het bevestig hy het met verteenwoordigers van Agri SA vergader, soos voorheen op Landbou.com berig. “Ons het indiepte-gesprekke gevoer oor hoe beurtkrag boerderybedrywighede raak. As Eskom moet ons begin kennis neem van die impak van beurtkrag op die landbousektor. Dit is duidelik uit die gesprekke gemaak dat vlak 2 hanteerbaar is,  maar vlak 4 maak bedrywighede uiters moeilik. Vlak 6 is heeltemal onaanvaarbaar vir die landbou.”

Hy het ook verwys na besproeiingsboere wat as deel van Ruraflex tydens beurtkrag net gedurende duur spitstye kan besproei wanneer krag wel beskikbaar is.

Volgens hom gaan Eskom nou ’n span saamstel en spesifiek met Agri SA saamwerk oor hoe die sektor verder ondersteun en bygestaan kan word.

De Ruyter het egter benadruk Eskom is nie die antwoord vir alle probleme wat beurtkrag betref nie.

“Sommige boere is afhanklik van munisipale infrastruktuur vir hul kragvoorsiening. Ons gaan sukkel om in hierdie gevalle in te gryp, maar boere wat van Eskom afhanklik is vir krag, kan ons help. Ons werk ook nou saam met die departement om maatreëls gereed te kry wat boere sal kan bystaan wat veral kritieke tydsensitiewe elektrisiteitvoorsiening benodig.”

Eskom het Sondag gesê hy wil alles in sy vermoë doen om vir die volgende twee jaar beurtkrag tussen vlak 2 en vlak 3 te hou juis om mense en besighede die geleentheid te gee om beter te beplan. Die land kan moontlik van Dinsdag af terugkeer na vlak 2-beurtkrag gedurende die dag, maar Oberholzer het ook gewaarsku enige onbeplande gebeure kan hierdie plan in die wiele ry.

Vlak 3-beurtkrag sal wel saans ingestel word.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.59
-0.4%
Rand - Pond
22.76
-0.1%
Rand - Euro
20.01
-0.8%
Rand - Aus dollar
12.42
+0.2%
Rand - Jen
0.14
+0.2%
Platinum
985.40
+0.1%
Palladium
1,407.80
-0.6%
Goud
1,968.86
-0.5%
Silwer
22.50
-0.2%
Brent-ruolie
73.79
+1.1%
Top-40
68,799
0.0%
Alle aandele
74,271
0.0%
Hulpbronne 10
65,660
0.0%
Industriële 25
99,818
0.0%
Finansiële 15
15,066
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Leweslustig ,Geniet die lewe
Lewenslustig. Hou van 4×4. Asook kamp. Dans graag. Baie vriendelik en spontaan. Diere tans friesperde asook miniatuurperde en 3 yorkies. Braai graag asook fliek en vertonings...
Everyday is a good day
Mmmm hou van braai kamp dans en some net rustig te wees, ek is baie lief vir diere. Vra as jy iets wil weet.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot