
Bewaringslandbou Wes-Kaap (BLWK) reël twee interessante dae waarin van die voorste kenners oor dié onderwerp op Elsenburg gesels, sowel as 'n praktiese dag by die Hoër Landbouskool Boland buite die Paarl.
Dié gebeure staan bekend as die BLWK “Jack Human” Bewaringslandbouweek.
Tydens die konferensiedag, op 1 Augustus op Elsenburg, vra mnr. André Fourie, landbou-ekonoom van Bredasdorp: Het vee nog bestaansreg? Wat is die storie?
* Dr. Ken Flower (Universiteit van Wes-Australië) verskaf ’n Wes-Australiese oorsig van geenbewerking en gewasproduksie.
* Mnr. Sakkie Rust, boer van die Swartland, vertel hoe hy bewaringslandbou aanpak.
Die konferensie duur net tot middagete.
Die praktiese dag by die navorsingsplaas Langgewens buite Moorreesburg, op 3 Augustus, duur ook net die oggend en boere kan saam met die BLWK-vereniging na verskillende proewe kyk:
Kanola teen verskillende saaidigthede met skyf- en tandplanters geplant.
Diversiteitsproef met verskillende kombinasies van dekgewasse.
Invoorbehandelingsproef met koring.
Stikstof by die pit in koring en kanola met tand- en skool Bolandkyfplanters.
Organiese kunsmis by koring en kanola.
Navrae: Dr. Johann Strauss, blwk.cawc@gmail.com of JohannSt@elsenburg.com
Bespreek betyds op die meegaande vorm in die aanhangsel hieronder.