AFGRI
BEAN
30 Mrt
-
9822
48,00
CORN
30 Mrt
-
4145
-6,00
SOYA
30 Mrt
-
8640
-25,00
SUNS
30 Mrt
-
8780
-39,00
WEAT
30 Mrt
-
6695
16,00
WMAZ
30 Mrt
-
3846
-5,00
YMAZ
30 Mrt
-
4021
-6,00
Deel

Biobrandstof: R1,8 miljard vir Cradock-projek

‘n Inspuiting van R1,8 miljard vir ‘n projek om biobrandstof op Cradock te vervaardig,  is goedgekeur, sê mnr. Rob Davies, Minister van Handel en Nywerheid.

‘n Inspuiting van R1,8 miljard is vir die biobrandstofprojek op Cradock goedgekeur om te verseker dat dit teen Mei 2014 met kommersiële vervaardiging van dié groener brandstof kan begin.

Hierdie projek is een van die 13 projekte waarin altesaam R21,7 miljard ingestoot gaan word, wat mnr. Rob Davies, Minister van Handel en Nywerheid, pas goedgekeur het.

Twee van dié projekte is in die biobrandstof-sektor, een in agroverwerking, twee in die papier- en pulpsektor en agt in die chemiese sektor.

Die Nywerheidsontwikkelingskorporasie (NOK) het dié projek op Cradock meer as drie jaar gelede saam met die Sentrale Energiefonds (SEF) en die Oos-Kaapse regering begin. Sorghum is die voorkeurgewas wat die volgende vyf jaar as grondstof gebruik sal word om bio-etanol te vervaardig.

Benodig vir 100 miljoen liter

Die NOK het verlede jaar aangedui dat hy sowat R1,7 miljard benodig om 100 miljoen liter biobrandstof teen 2014 te vervaardig. Die Departement van Energie het in die verlede voorgestel dat 2% biodiesel met gewone diesel en 8% bio-etanol met petrol gemeng moet word.

Die verwagting is dat die 50% kommersiële produksie teen Mei 2014 bereik sal word.

Davies het gesê hierdie en die ander goedgekeurde projekte sal ‘n beduidende bydrae lewer tot die behaling van ‘n groener ekonomiese groeipad en een met laer koolstof-uitlate.

Die Suid-Afrikaanse Energie Ontwikkelingsinstituut skat dat die projekte se verbintenis om energie effektiewe tegnologie te gebruik, ‘n besparing van 90 megawatt sal meebring.

Aktiewe produksie

Hy het uitgewys dat die Cradock-projek en die biodieselprojek van Rainbow Nation Renewable Fuels Ltd. by Coega in die Oos-Kaap, Suid-Afrika se eerste belegging in die aktiewe produksie van biobrandstof is.

“Hulle sal die eerste etanol vervaardigings fasilliteite word wat kommersiële etanol vir brandstof vervaardig.”

Die Coega-projek kry R2,1 miljard vir sy sojaboon-parsaanleg wat langs sy eie biodiesel aanleg opgerig sal word. Kommersiële produksie van die sojameel, biodiesel en gliserien begin in Julie.

5 Maart 2012

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.82
+1.6%
Rand - Pond
22.07
+1.0%
Rand - Euro
19.43
+1.0%
Rand - Aus dollar
11.96
+1.2%
Rand - Jen
0.13
+1.4%
Platinum
986.00
+1.8%
Palladium
1,457.22
+0.6%
Goud
1,980.94
+0.9%
Silwer
23.90
+2.5%
Brent-ruolie
78.28
-0.5%
Top-40
71,089
+0.3%
Alle aandele
76,705
+0.3%
Hulpbronne 10
67,517
+1.3%
Industriële 25
103,222
-0.1%
Finansiële 15
15,634
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Spontaan en lief vir kamp en road trips
Ek is wie ek is. Ek is n maklike persoon om mee oor die weg te kom. Hou baie van kos maak en braai. Ja en ons sal baie dinge saam doen en veral lag.
Liefte is n wenner!
Hou van nuwe plekke sien dinge saam doen, saam lag en net memories maak ek wil settle en is ernstig daaroor.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot