Van der Merwe sê hy is ontevrede met die hofprosesse in die hooggeregshof en sy remedies is nog nie uitgeput nie. Hy is bereid om selfs die Grondwethof in sy stryd met die Land Bank te nader.
Dit kom ná ’n uitgerekte hofgeding waarin sy entiteite in Mei vanjaar voorlopig gelikwideer en gesekwestreer is. Die keerdatum was 11 Oktober.
Van der Merwe, sy Merwede Trust en die maatskappye Velvetcream en Project Multiply skuld die Land Bank meer as R80 miljoen. Hy boer op 80 000 ha by Van Wyksvlei. Die saak het vroeër opspraak gemaak omdat die kurator of likwidateur se wagte wat Van der Merwe se bates moes oppas, by die verkeerde plaas opgedaag het.