AFGRI
BEAN
27 Mrt
-
9500
0,00
CORN
27 Mrt
-
4578
0,00
SOYA
27 Mrt
-
8100
0,00
SUNS
27 Mrt
-
8943
0,00
WEAT
27 Mrt
-
6343
0,00
WMAZ
27 Mrt
-
3966
0,00
YMAZ
27 Mrt
-
4015
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Boer gevaarliker as polisiewerk

Om te boer is tans gevaarliker as om ‘n lid van die Suid-Afrikaanse Polisiediens te wees, sê die TLU SA.  

Om te boer is tans gevaarliker as om ’n lid van die Suid-Afrikaanse Polisiediens te wees, sê die TLU SA. Dit is wat porf. Christiaan Bezuidenhout, ’n kriminoloog en kenner van die invloed van musiek op jongmense, Woensdag (13 April 2011) in die “Skiet die boer”-haatspraaksaak in die Gelykheidshof getuig het.

Luidens ’n verklaring was Bezuidenhout die eerste getuie wat die TLU SA in dié saak teen Julius Malema, die leier van die ANC Jeugliga, geroep het.

Volgens Bezuidenhout behoort plaasmoorde eintlik ’n spesiale kategorie misdaad te wees, aangesien Suid-Afrika se plaasmoordsyfer 700 keer hoër as die wêreldgemiddelde is: “Dis vandag baie gevaarliker om ’n boer te wees as ’n polisieman.” Hy sê die risiko om tans op ’n plaas vermoor te word is 30 keer hoër as in die res van die gemeenskap.

Opswepende liedjie

Bezuidenhout meen dat die lied “Skiet die boer” opswepend is. Hy meen dié lied strook nie met versoening in die land nie, veral aangesien dit moeilik is om die betekenis van ’n lied te verander as dit oor ’n tyd in ’n bepaalde konteks gebruik is.

Hy het ook getuig dat opruiende musiek in veral gewelddadige omgewings ’n groter rol speel in geweldpleging. “Liedjies wat geweld goedpraat of wat mense of groepe uitskel as honde, kan die jeug sodanig beïnvloed dat hulle nie glo dat dit verkeerd is nie, al sou hulle nie dadelik tot geweld oorgaan nie,” lui die verklaring.

Wat Malema se rol betref, het Bezuidenhout getuig omdat Malema vir jongmense ’n rolmodel is, beïnvloed hy sy aanhangers se indrukke. Hy stel voor dat die lied “iewers in ’n museum geplaas word waar mense daarna kan kyk of luister, maar dit hoort beslis nie in die openbare domein nie.”

Almal kan saak volg

Intussen kan alle Suid-Afrikaners die hofverrigtinge volg. Regter Collin Lamont het beslis dat e.tv en die vakbond Solidariteit se internet-radiodiens die verrigtinge regstreeks uit die hof in Johannesburg mag uitsaai nadat dié twee instellings daarom aansoek gedoen het.

Mnr. Dirk Hermann, uitvoerende hoof van Solidariteit, het gesê sy organisasie het besluit om die aansoek te bring omdat hulle meen dit is ’n saak van besondere openbare belang en alle Suid-Afrikaners moet kan sien en hoor hoe demokratiese instellings, soos die howe, werk.

Hulle stel alle opnames gratis aan ander radiostasies beskikbaar, en talle gebruik dit.

Altesame tien dae is vir die verhoor opsygesit. Opnames en uittreksels van die volle tien dae se verrigtinge sal op www.solidariteitradio.co.za beskikbaar gestel en regstreeks uitgesaai word. Die verrigtinge word ook van tyd tot tyd deur die dag op e.tv se nuus-kanaal, kanaal 403, uitgesaai.

14 April 2011

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.25
+0.3%
Rand - Pond
22.47
+0.1%
Rand - Euro
19.73
+0.2%
Rand - Aus dollar
12.21
-0.3%
Rand - Jen
0.14
-0.4%
Platinum
973.06
+0.5%
Palladium
1,411.79
+0.8%
Goud
1,959.18
+0.1%
Silwer
23.03
-0.2%
Brent-ruolie
78.12
+4.0%
Top-40
69,785
0.0%
Alle aandele
75,284
0.0%
Hulpbronne 10
64,924
0.0%
Industriële 25
102,191
0.0%
Finansiële 15
15,417
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opsoek na liefde
Ek is eerlike opreg en weet hoe om ' n dame spesiaaal te laat voel. Ek hou ook van buite lewe en avontuurlustig
As ons nie ontmoet nie, sal ons nie weet nie.
Hierdie is altyd vir my 'n moeilike een. Hier kan ons onsself inkleur met die mooiste potlode. Google kan selfs genader word vir 'n oulike beskrywing, ek verkies om die persoon...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot