AFGRI
BEAN
30 Mrt
-
9822
48,00
CORN
30 Mrt
-
4145
-6,00
SOYA
30 Mrt
-
8640
-25,00
SUNS
30 Mrt
-
8780
-39,00
WEAT
30 Mrt
-
6695
16,00
WMAZ
30 Mrt
-
3846
-5,00
YMAZ
30 Mrt
-
4021
-6,00
Deel

Boer groter om te oorleef - ekonoom

Suid-Afrika se boere gaan al hoe slimmer moet boer as hulle in die toekoms wil oorleef, aldus mnr. Ernst Janovsky.

Suid-Afrika se boere gaan al hoe slimmer moet boer as hulle in die toekoms wil oorleef, aldus mnr. Ernst Janovsky, die hoofbestuurder van Absa Agribesigheid.


Hy sê boere kan nie, soos voorheen, op van kommoditeitspryse oorleef nie.


Hy het op AMT se 11de konferensie oor landbouvooruitskouings in Pretoria gesê: “Kommoditeitspryse het die afgelope tyd sywaarts begin beweeg, so ons kan nie daarop staatmaak om in die toekoms binne die landboubedryf te oorleef nie.”


Twee metodes

Janovsky sê die boer kan deur twee spesifieke metodes oorleef. Die eerste is om meer op die gebruik van nuwe tegnologie te fokus. Die tweede is om ’n skaalekonomie toe te pas deur sy bedrywighede te vergroot.


“Jy gaan jou boerdery moet vergroot, want om te oorleef, gaan jy groter moet boer terwyl jy aan oorhoofse koste moet besnoei.”


Hy sê boere moet weerstoestande en die tydperk wat dit sal duur om ná ’n terugslag te herstel, versigtig in hul risiko-opnames in hul beplanning in ag neem. “Waar dit vroeër jare sowat twee jaar sou duur vir ’n boer om na ’n terugslag, soos ’n misoes, te herstel, duur dit nou drie tot vier jaar.”


Suiwelbedryf

Die suiwelbedryf is egter een van dié waaroor Janovsky bekommerd is.


“As ons kyk na wat die melkboere tans kry, so rondom R3,25 per liter melk, is ’n verhoging binnekort nodig om te keer dat baie van hulle die bedryf verlaat en Suid-Afrika met probleme sit ten opsigte van die plaaslike vraag en aanbod.”


Janovsky meen ’n verhoging in pryse aan boere sal die bedryf die nodige aanmoediging gee om beter te presteer.


14 September 2011

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.82
+1.6%
Rand - Pond
22.07
+1.0%
Rand - Euro
19.43
+1.0%
Rand - Aus dollar
11.96
+1.2%
Rand - Jen
0.13
+1.4%
Platinum
986.00
+1.8%
Palladium
1,457.22
+0.6%
Goud
1,980.94
+0.9%
Silwer
23.90
+2.5%
Brent-ruolie
78.28
-0.5%
Top-40
71,089
+0.3%
Alle aandele
76,705
+0.3%
Hulpbronne 10
67,517
+1.3%
Industriële 25
103,222
-0.1%
Finansiële 15
15,634
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Spontaan en lief vir kamp en road trips
Ek is wie ek is. Ek is n maklike persoon om mee oor die weg te kom. Hou baie van kos maak en braai. Ja en ons sal baie dinge saam doen en veral lag.
Liefte is n wenner!
Hou van nuwe plekke sien dinge saam doen, saam lag en net memories maak ek wil settle en is ernstig daaroor.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot