
’n Voormalige nasionale Boer van die Jaar, mnr. Robert Zulch van die plaas Wakkerstroom naby Ceres, maak ’n doelbewuste besluit om meganisasie te beperk om sodoende meer werksgeleenthede te verskaf.
Zulch, wat in 1990 die Boer van die Jaar was, boer met appels en pere in die Witzenberg-vallei. Zulch is op Wakkerstroom gebore en sy familie boer reeds 62 jaar op dié plaas, nadat sy pa die plaas gekoop het. “Ek wil meer werk aan mense verskaf, nie minder nie, en om meganisasie in my boerdery toe te pas sal minder werk beteken vir mense wat dit baie nodig het,” sê Zulch.
“Ons probeer om tot 11 maande se werk aan kontrakwerkers te verskaf. Omdat appels en pere hoofsaaklik in die eerste kwartaal van die jaar geoes word, het ons produksie verder uitgebrei, juis sodat ons werkverskaffing kan verhoog.”
Zulch verskaf huurvrye verblyf aan werkers op sy plaas, sowel as vervoer na skole, kerke en mediese dienste. Plaaswerkers se kinders kan ook ’n crèche op die plaas bywoon