
Mnr. CJ Steyn het ’n noodoperasie in ’n hospitaal op Bethlehem weens ’n meswond ondergaan. Drie mans het hom gisteraand (Sondagaand) in sy plaashuis oorval nadat hulle glo deur ’n venster toegang verkry het.
Mnr. Merwe Terreblache, veiligheidskoördineerder van Vrystaat Landbou (VL) by Verkykerskop, sê Steyn is glo is sowat 90 minute lank deur die aanvalles aangehou, waarna hulle onder meer met sy bakkie en selfoon op die vlug geslaan het. Hy was nog in staat om hulp te ontbied. Sy bakkie is naby Qwa-Qwa gevind.
Landbouers het so wyd soos Bethlehem paaie gesluit. Mnr. Henk Vermeulen, bestuurder van VL, sê dit is bemoedigend om te weet dat talle grondstukture pro-aktiewe stappe volg om saam met die polisie misdaad in die provinsie te voorkom. Volgens hom was dié voorval die agtste een in die Vrystaat vanjaar, met drie landbouers en vyf plaaswerkers wat beseer is.