AFGRI
BEAN
07 Des
-
9350
0,00
CORN
07 Des
-
4415
0,00
SOYA
07 Des
-
10510
0,00
SUNS
07 Des
-
10700
0,00
WEAT
07 Des
-
6654
0,00
WMAZ
07 Des
-
4924
0,00
YMAZ
07 Des
-
4770
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Boer met kop vir besigheid skielik oorlede

akkreditasie
Mnr. Bertie van der Merwe. Foto: Verskaf
Mnr. Bertie van der Merwe. Foto: Verskaf
’n Sin vir besigheid, begrip van die geheelbeeld en goeie mense. Dít vertel mnr. Johan van der Merwe, mede-eienaar van die plaas Alfalfa, Worcester, was volgens sy oorlede pa, mnr. Bertie van der Merwe, die bestanddele wat ’n boerdery se sukses verseker.

Bertie is Maandag 2 Augustus aan ’n hartaanval oorlede. Hy sou in September 84 geword het. Johan sê sy dood was onverwags aangesien hy nog aktief en betrokke by die boerdery was.

Johan vertel sy pa was wyd betrokke by die georganiseerde landbou en dat hy in verskeie rade gedien het. Hy was onder meer KWV-direksievoorsitter, het gedien in die Inmaakvrugteprodusentevereniging, was een van die land se grootste private wynboere, oudvoorsitter van die Suid-Afrikaanse Brandewynstigting en was ook lid van die Kwaggaskloof-landbouvereniging. Bertie was ook betrokke by die onderhandelings om die sanksies op Suid-Afrikaanse ingemaakte vrugte te laat ophef.

Die grootste les wat hy by sy pa geleer het, is dat goeie mense en goeie menseverhoudings die grootste bepalende faktor van sukses is. “Hy het altyd gesê dat ’n mens met ’n swak plaas en goeie mense kan boer, maar jy kan nie met ’n goeie plaas en swak mense boer nie.”

Sy pa was volgens Johan die gom wat alles in die familie aanmekaar gehou het. “Hy was altyd daar vir die kinders en kleinkinders.”

Anders as baie ander boere het Bertie nie toegelaat dat sy kinders direk ná skool begin boer nie. Johan vertel hy en sy broer Alvi het eers in hul veertigs na die plaas teruggekeer nadat hulle loopbane as onderskeidelik ’n prokureur en dokter gevolg het.

‘Risiko’s versprei’

“My pa het die houding gehad dat ons nie plaas toe mag gekom het voordat ons in ’n ander bedryf sukses behaal het nie. Ons mag nie landbou gaan studeer het nie, want hy het geglo ons moet ons risiko versprei. Sy redenasie was dat ’n mens intelligent genoeg is om te boer as jy common sense het. As jy die common sense van besigheid het, sal boerdery vir jou maklik wees. Dit raak egter ongelooflik moeilik as jy nie ’n sin vir besigheid het nie.”

Sy pa het in die 1970’s en 1980’s baie grond gekoop met oog op uitbreidings namate daar meer kapasiteit en steun daarvoor was. “Die kelder is in 1928 begin, maar die Alvi’s Drift-handelsmerk is maar sowat 10 jaar op die rak,” vertel Johan.

“Die Alfalfa-melkery is begin nadat die koöperasie op Worcester in 1967 bankrot gespeel het. Hy kon ons nie betaal nie en al wat ons gekry het, is sy klanteboek. Só het ons self begin melk versprei. Nou is ons die oudste en grootste onafhanklike melkery in die Wes-Kaap

“Dit is alles dinge wat hy deur die jare gedoen het en dit was net moontlik danksy goeie mense wat heelpad saam met hom geloop het.”

Dit is duidelik dat Bertie met ’n langtermynplan te werk gegaan het. Hy was ook lief daarvoor om holisties na sy boerderye te kyk. “Hy het ’n boerdery holisties gesien en aanvaar dit is jy, die natuur, die omgewing, die mense, die plante. Alles is deel van een prentjie. Hy het ’n goeie begrip van die geheelbeeld gehad en verstaan dat jy nie met die eindproduk tevrede gaan wees as al die boustene nie op hul plek is nie.

“As jy jou mense afskeep, verloor jy aan daardie kant. As jy jou grond afskeep, verloor jy weer aan daardie kant. As jy jou verhoudings met die kopers en verkopers afskeep, verloor jy aan daardie kant. Die een deel moet nie gebruik word om die ander te subsidieer nie.”

Bertie is op 1 September 1937 gebore op die plaas Alfalfa wat sy pa, Alvi, in 1928 gekoop het. Hy het die boerdery intussen opgebou en uitgebrei tot sitrus, suiwel, hoenders, varke en sagtevrugte. “Elke afdeling op die plaas vul tans weer ’n ander een aan.”

Johan, wat die plaas nou saam met sy broer Alvi besit, se doelwit is om voort te bou op dié geheelbeeld wat sy pa nagelaat het.

Bertie word deur vier van sy kinders, Melize Smuts, Alvi, Johan en Rentia, asook sy vrou, Muberna, en nege kleinkinders oorleef. Sy seun Dawid is reeds oorlede.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.16
+1.0%
Rand - Pond
20.95
+0.4%
Rand - Euro
18.03
+0.7%
Rand - Aus dollar
11.54
+0.5%
Rand - Jen
0.13
+0.6%
Goud
1,787.50
+0.9%
Silwer
22.73
+2.4%
Palladium
1,854.00
+0.2%
Platinum
1,007.50
+1.7%
Brent-ruolie
79.35
-4.2%
Top-40
67,863
-0.8%
Alle aandele
74,011
-0.7%
Hulpbronne 10
73,204
-1.1%
Industriële 25
90,783
-0.7%
Finansiële 15
15,619
-0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Kom ons geniet die lewe
Ek is n baie liefdevolle vrou Hou van stap tennis speel. Bak en brou graag, verf doen allerhande kreatiewe goed Hou van uithaal. Mal oor die see Eenvrou man .
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot