
’n Jong boer van Bultfontein se liggaam is Donderdag (28 Junie 2012) by ’n spilpunt in ’n land gevind ná ’n ure lange soektog na hom. Die 22-jarige Philip du Plessis het homself glo aan die spilpunt opgehang.
Luidens ’n berig in Volksblad is Du Plessis drie maande gelede met Marisna getroud. Sy ouers, Andries en Ansie, was ten tye van sy dood saam met ander familielede by die Kirkwood-wildsfees naby Queenstown. Die egpaar het ná hulle die nuus ontvang het, deur die nag teruggery plaas toe.
Geen misdaad
Sers. Ian Gaobepe, polisiewoordvoerder,sê geen misdaad word vermoed nie en ’n geregtelike doodsondersoek sal gedoen word. Du Plessis is deur ’n soekgeselskap van boere gevind.
Du Plessis is deur sy vriende beskryf as iemand vol lewensvreugde. Hy laat ook ’n broer, Andries, en ’n suster, Charlene, agter.
Bron: Volksblad