Mnr. Bertus van der Westhuizen, boer van die plaas Erfenis naby Heilbron en TLU SA se streekvoorsitter in die Vrystaat, sê sy jongste seun en mnr. Johan Strydom, jong boer wat oor sowat twee weke trou, “was soos broers” vir mekaar.
Die 24-jarige Louis en Strydom het juis Vrydagaand saam met ander jong mense in die dorp geëet om oor troureëlings te gesels. Hulle was later die aand op pad na Strydom se ouers se plaas, op die Greenlands-pad, toe die ongeluk gebeur.
“Dit is ’n baie slegte pad,” sê Bertus. “Iets moes Louis se aandag afgetrek het. Hy het van die pad af gery, met twee wiele op die gruis. Toe hy die bakkie terugbring op die pad, het van die wielvellings gebreek omdat die skouer van die pad hoog is. Die bakkie het dwars gedraai en gerol.”