
Liezel, wat met ’n skerp voorwerp gesteek en glo ook met kookwater gebrand is, het daarin geslaag om te ontsnap en die polisie na die toneel te ontbied.
Agri Wes-Kaap met met skok en hartseer reageer op Wessels se moord.
“President Cyril Ramaphosa gaan ernstig moet besin oor sy nuwe kabinet, want die landbou kan dit nie langer bekostig dat ministers en instellings wat met veiligheid belas is, nie die landelike veiligheidsplan implementeer nie en dat produsente en hulle plaaswerkers se lewens daagliks bedreig word,” het mnr. Jannie Strydom, hoofbeampte van Agri Wes-Kaap, in reaksie gesê.
Lt.kol. André Traut, provinsiale polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig en gesê verdagtes het twee vuurwapens gebuit. Die omstandighede rondom die voorval word ondersoek.
Traut versoek enigiemand met inligting oor die voorval om die polisie se Stop Misdaad-nommer by 086 001 0111 te bel.
Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe. Volg ons op Whatsapp om daaglikse landbounuus op jou selfoon te ontvang.