AFGRI
BEAN
05 Jun
-
8744
14,00
CORN
05 Jun
-
4205,2
72,20
SOYA
05 Jun
-
7850
39,00
SUNS
05 Jun
-
8250,6
67,60
WEAT
05 Jun
-
6600
26,00
WMAZ
05 Jun
-
3753
58,00
YMAZ
05 Jun
-
3868
55,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
19 Me
-
172,55
7,70
Ave Wool - RWS
19 Me
-
189,51
9,36
Beeste A2/3
19 Me
-
53,82
53,82
Beeste AB2/3
19 Me
-
52,28
0,49
Beeste B2/3
19 Me
-
48,03
-0,79
Beeste C2/3
19 Me
-
45,86
0,34
Bevrore Hoender
19 Me
-
34,01
-1,54
Bokkies (onder 30 kg)
19 Me
-
52,68
-2,51
Bokooie
19 Me
-
40,2
1,49
Groot (meer as 40 kg)
19 Me
-
45,36
4,57
Hoender (IQF)
19 Me
-
33,04
-0,30
Medium (30-40kg)
19 Me
-
48
-3,26
Pork Average
19 Me
-
29,59
0,13
Poultry Average
19 Me
-
33,71
-0,90
Skaap A2/3
19 Me
-
84,64
0,30
Skaap AB2/3
19 Me
-
76,6
10,52
Skaap B2/3
19 Me
-
58,23
-1,47
Skaap C2/3
19 Me
-
57,02
0,77
Speenkalf
19 Me
-
31,04
1,22
Spekvarke
19 Me
-
30,9
0,85
Stoorlammers
19 Me
-
42,28
0,34
Varkwors
19 Me
-
24,66
0,20
Vars Hoender
19 Me
-
34,07
-0,87
Vleisvarke
19 Me
-
29,47
0,05
Deel

Boer van die Jaar vir 2011

Van die grootste toekennings in Suid-Afrika se landbou is op ‘n spoggeleentheid naby die Paarl bekend gemaak.

Die bestes in die Suid-Afrikaanse landbou is Vrydagaand op ‘n spoggeleentheid by die Paarl deur Landbouskrywers SA aangewys.

‘n Boer van Wakkerstroom, Mpumalanga, het met die louere as Boer van die Jaar weggestap, ‘n groep boere van Napier is as die beste nuwe toetreder tot die kommersiële landbou bekroon en ‘n professor van die Noordwes-universiteit is die Landboukundige van die Jaar.

Dié prestigeryke geleentheid is deur Absa AgriBesigheid, Santam Landbou en John Deere Financial geborg. Landbouskrywers SA bied die kompetisie vir kommersiële boere, nuwe toetreders tot die kommersiële landbou en landboukundiges sedert 1977 aan.

Byskrif: Van links staan prof. Herman van Schalkwyk, Landboukundige van die Jaar, mnr. BP Greyling, Boer van die Jaar, en me. Jane Plaatjies, Nuwe Toetreder tot die Kommersiële Landbou.

Boer van die Jaar

Mnr. BP Greyling van Wakkerstroom is die Boer van die Jaar. Sy passie is die produksie van genetiese fynwol. Hy het vanjaar saam met sy pa ’n Suid-Afrikaanse rekordprys van R250 000 vir ’n Merinoram met superfynwol betaal. Daarmee wil hy die boerdery se wolskeersel nog fyner teel.

Greyling het in die sewe jaar sedert hy in 2004 alleen begin boer het, sy boerdery drasties uitgebrei. In 2004 het hy op 12 672 hektaar met 11 000 skape en 3 500 beeste geboer. Vandag besit hy 17 493 hektaar en huur nog 4 500 hektaar by. Sy beesgetalle het tot 5 769 toegeneem en sy skaapgetalle is tot ‘n kudde van 21 200 vermeerder − alles sy boerdery se eie aanteel.

Hy het ook daarin geslaag om die onaanvaarbare hoë vlakke van misdaad in die omgewing en in die boerdery met ’n weldeurdagte teen-misdaadplan te verminder. Hy verbou ook mielies en sojabone op droëland, gesertifiseerde raaigrassaad en groenvoer onder besproeiing.

Greyling is nou die nuutste lid van die Pro-Agri Forum, ‘n verteenwoordigende liggaam van voormalige wenners van dié prestigeryke kompetisie wat gereeld met belangrike besluitnemers in die Regering en die private sektor oor kommersiële boere se belange vergader.

Nuwe toetreders tot kommersiële landbou

Die Agri Dwala-trust van Napier in die Wes-Kaap bestaan uit 29 begunstigdes (wat 15 huishoudings verteenwoordig). Nie slegs een persoon word in die boerdery bemagtig om tot die vlak van ‘n kommersiële boer te vorder nie, maar soveel moontlik mense word daarby te betrek en so word ‘n wesenlike verskil aan die gemeenskap gemaak.

Die trust het in 2006 op 640 ha huurgrond begin boer en vandag boer hulle op 1 540 ha met vleisbeeste, skape, wintergraan en lusern. Dié plase word as deel van ‘n geheel bestuur. In die graanvertakking word koring, gars, hawer, kanola en lupine verbou. Die groep gebruik die nuutste plantertegnologie om gewasse mee te plant.

Die vleisbeeskuddde is in Junie 2006 saamgestel uit die beeste en die koeie waarmee die begunstigdes op hul erwe in die dorp geboer het. Vandag spog die groep met 169 puik vleisraskoeie. Die begunstides leer om hul sukses te deel deur jaarliks ‘n tiende van hul dividende aan ‘n welsynsinstansie van hul keuse op die dorp Napier te skenk. So word die sukses van die projek as ‘n rimpel-effek in die gemeenskap gevoel en baat soveel meer mense daarby. Hulle vind groot vreugde en persoonlike prestasie daarin om te kan teruggee aan hul gemeenskap en leer om sukses te deel.

Landboukundige van die Jaar

Prof. Herman van Schalkwyk is een van die land se vooraanstaande landbou-ekonome wat hom al op verskeie gebiede onderskei het. Hy is sedert verlede jaar rektor van die Potchefstroom-kampus van die Noordwes-universiteit (NWU).

As besturende direkteur van Aginfo (handeldrywend as AMT) koördineer hy ’n groep individue wat daarna streef om betroubare markinligting aan kliënte te verskaf. AMT verskaf al langer as 12 jaar markinligting oor die meeste kommoditeite aan kliënte en bied ook al vir 11 jaar die jaarlikse landbou-vooruitskouingskonferensie aan.

Van Schalkwyk het ongeveer 70 artikels in wetenskaplike tydskrifte en 117 navorsings- en projekverslae gepubliseer. Hy het ook 75 referate op plaaslike konferensies en 38 op internasionale konferensies gelewer. Voorts was hy promotor en/of medepromotor vir 24 doktorale studente en studieleier of mede-studieleier vir 32 meestersgraadstudente.

Hy is in 2007 deur die Minister van Landbou as lid van die Nasionale Landboubemarkingsraad aangestel en in 2008 as die ondervoorsitter van die raad van die Land Bank. Van Schalkwyk is ’n konsultant vir die Wêreldbank asook ’n spesialis in landbou- en verwante hofsake. Hy is ’n gewilde spreker en gas op landboukongresse. Hy lewer ook die afgelope jaar ’n weeklikse bydrae op OFM met Pieter Möller oor aktuele sake in die landbou.

14 November 2011

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.38
+0.7%
Rand - Pond
24.02
+1.2%
Rand - Euro
20.73
+0.9%
Rand - Aus dollar
12.77
+1.0%
Rand - Jen
0.14
+0.9%
Platinum
1,007.38
+0.2%
Palladium
1,425.06
-0.8%
Goud
1,944.85
-0.2%
Silwer
23.53
-0.4%
Brent-ruolie
76.13
+2.4%
Top-40
71,462
-0.7%
Alle aandele
76,625
-0.7%
Hulpbronne 10
69,376
-1.3%
Industriële 25
104,177
-0.8%
Finansiële 15
14,879
+0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Tyd is kosbaar.
Het n positiewe uitkyk op die lewe (alhoewel realisties), geniet die natuur en om staproetes te stap, kweek plante as n stokperdjie ens.
Just a small town girl, living in a lonely world
OK so let's jump this wagon and see where it's going. I absolutely love sport and am the happiest when I'm outside making myself tired. I'm in the gym 5 days...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot