AFGRI
BEAN
05 Des
-
9397
62,00
CORN
05 Des
-
4458,2
-58,80
SOYA
05 Des
-
10420
38,00
SUNS
05 Des
-
10810,8
-1,20
WEAT
05 Des
-
6790
-66,00
WMAZ
05 Des
-
4934,6
-74,40
YMAZ
05 Des
-
4830
-78,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Boer van Ermelo kry borgtog

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ter illustrasie. Foto: Marieke Snyman
Ter illustrasie. Foto: Marieke Snyman
Die boer van Ermelo wat daarvan beskuldig word dat hy twee kinders raakgery en ’n derde een aangerand het, mnr. Louis Grobler (41), is vandag op borgtog van R30 000 vrygelaat.

Hy het in die Ermelo-landdroshof vir die borgaansoek verskyn en die saak is tot 29 Augustus uitgestel vir verdere ondersoek. Mnr. Lion du Plessis, voorsitter van die Ermelo-Oos-boerevereniging en die voorsitter van landelike veiligheid vir Ermelo, sê hulle het die situasie buite die hof dopgehou. Hoewel daar in ’n stadium sowat 20 mense saamgedrom het, was daar geen spanning of uitbarstings nie.

Du Plessis, wat ook visepresident van Mpumalanga Landbou is, sê hulle is dankbaar Grobler het borgtog gekry, al het dit onnodig lank geduur. “Ons is verlig daaroor en glo die reg sal nou sy gang gaan en geregtigheid sal geskied.” Lede van die boerevereniging het Grobler na sy plaas begelei nadat hy vrygelaat is.

Mnr. Robert Davel, uitvoerende hoof van Mpumalanga Landbou, het ook sy dankbaarheid uitgespreek oor die borgtog en gesê Grobler was onnodig lank in aanhouding ná die voorval. “Gegrond op ’n private ondersoeker se verslag glo ek in Louis se onskuld en ek hoop die polisie se ondersoek sal deeglik wees sonder dat emosies ’n rol speel.

“Ek wonder dikwels of ons boere altyd billik behandel word en of politiek en rassisme nie te maklik bygesleep word nie. Ek is oortuig daarvan dat hier geen rassistiese ondertone was nie, veral as ek hoor van die goeie verhouding wat hy met sy werknemers het.”  

Die voorwaardes vir Grobler se borgtog sluit onder meer in dat hy nie kontak maak met enige getuies in die saak of die slagoffers se huise besoek nie.

Hy word aangekla van twee klagte van poging tot moord en een klag van aanranding met die doel om ernstig te beseer nadat hy na bewering op 15 Julie twee kinders op sy plaas raakgery en ’n derde een aangerand het. Die saak is tot 29 Augustus uitgestel.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.33
+1.2%
Rand - Pond
21.30
+0.2%
Rand - Euro
18.26
+0.3%
Rand - Aus dollar
11.80
-0.2%
Rand - Jen
0.13
+0.9%
Goud
1,798.61
+0.0%
Silwer
23.09
-0.3%
Palladium
1,920.04
+1.1%
Platinum
1,020.50
+0.1%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
69,063
+1.2%
Alle aandele
75,212
+1.2%
Hulpbronne 10
74,758
+1.0%
Industriële 25
92,418
+0.9%
Finansiële 15
15,742
+2.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Enige opregte blanke dames
Ek is n eerlik, lojale en n opregte wit man sonder fieterjassie. Wat jy sien is wat jy kry. Gee nie voor wat ek nie is.
Kom ons geniet die lewe
Ek is n baie liefdevolle vrou Hou van stap tennis speel. Bak en brou graag, verf doen allerhande kreatiewe goed Hou van uithaal. Mal oor die see Eenvrou man .
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot