Mnr. Piet Swart, ’n 57-jarige boer van Grobersdal, Limpopo, is in hegtenis geneem nadat hy glo ’n 14-jarige seun op sy plaas doodgeskiet het.
Dié seun en ’n 17-jarige vriend was besig om in ’n dam op die boer se plaas in die Krokodilbrug-gebied vis te vang, aldus Nuus24.
Die seuns bly glo op ’n buurplaas en het nie toestemming gehad om op Swart se plaas vis te vang nie.
Twee gewond
Swart het glo met ’n haelgeweer op die seuns geskiet. Die seuns het weggehardloop nadat al twee gewond is.
Die 14-jarige is in ’n hospitaal op Groblersdal dood verklaar. Die ander seun is ook gewond, maar is reeds ontslaan.
Swart het in die Grobersdal-landdroshof op ’n aanklag van moord en poging tot moord verskyn.
Bron: Nuus24
20 Oktober 2011