Die regsgeding sou eers weer in Oktober aangehoor word ná die vorige hooggeregshofsitting in Mei vanjaar, waarin regter Mpho Mamosebo ’n voorlopige likwidasiebevel teen Van der Merwe se besittings gemaak het.
Die keerdatum is op 11 Oktober wanneer belanghebbende partye moet betoog of die voorlopige likwidasiebevel bekragtig moet word of nie. Van der Merwe het ook ’n aansoek gebring om tydens die hofsitting in Oktober sy sakereddingsplan te laat goedkeur.
Hy wil ook ’n artikel in die Maatskappyewet (Wet 71 van 2008) wat “onregverdig is teenoor individue en trusts” ongrondwetlik laat verklaar. Ingevolge huidige wetgewing kan slegs ’n maatskappy wat in finansiële moeilikheid is die hof om sakeredding nader, maar die keuse is nie vir individue of trusts beskikbaar nie.