
Mnr. Francois en me. Patrys Hugo van Victoria-Wes is die gelukkige wenner van Landbouweekblad se uiters gewilde Plak-en-Wen-kompetisie wat lesers die afgelope paar maande besig gehou het.
Die Hugo’s is met die groot prys van R60 000 kontant huis toe. Die ander finaliste, mnre. Ben Joubert van Vredendal en Tielman Nieuwoudt van Garies, het elkeen ’n luukse-bootreis ter waarde van R15 000 gewen.
Die wenners is Woensdag (5 April 2012) by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees aangekondig.
“Daar is mos nooit geld vir hierdie goedjies wat ons vrouens so graag wil doen nie, so ek gaan dit aan die strandhuis bestee,” het Patrys gesê. Sy was die een wat die plakstukke getrou uitgeknip en geplak het.
“Dit was ’n baie lekker kompetisie om aan deel te neem.”
Volgens mnr. Johan Nel, sakebestuurder van Landbouweekblad, was die kompetisie ’n groot sukses wat groot belangstelling gelok het. Die bal is reeds aan die rol vir die volgende kompetisie.
“Die volgende kompetisie is op pad en ons sal jullle daarvan laat weet in die tydskrif. Kyk gerus uit daarvoor!”
5 April 2012