AFGRI
BEAN
30 Mrt
-
9774
0,00
CORN
30 Mrt
-
4642
0,00
SOYA
30 Mrt
-
8220
0,00
SUNS
30 Mrt
-
8760
0,00
WEAT
30 Mrt
-
6630
0,00
WMAZ
30 Mrt
-
3950
0,00
YMAZ
30 Mrt
-
4027
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Boere bevraagteken grondhervorming

akkreditasie
Reënwolke pak saam rondom 'n mielieland naby Bloemfontein. Foto: Johan Norval
Reënwolke pak saam rondom 'n mielieland naby Bloemfontein. Foto: Johan Norval
Boere het ernstige vrae oor grondhervorming op ’n streekvergadering van Graan Suid-Afrika (GSA) op Bothaville gevra en aanbeveel landbouers moet meer sigbaar wys wanneer hulle ontevrede is oor iets.

Met verwysing na pres. Cyril Ramaphosa se verklaring dat die Regering onteiening van plase sonder vergoeding oorweeg, het sommige boere gesê dit sal onregverdig en nie tot voordeel van die landbousektor wees nie.

Hulle is ook nie gelukkig oor swart bemagtiging nie en het gesê dit is ewe onregverdig. Boere het gedreig om nie hul samewerking te gee nie. Die toestand van sommige paaie is ook ’n steen des aanstoots. Mnr. Pottie Potgieter van Bothaville het gesê die landbou moet daaraan begin dink om sy aanslag te verander. “Ons moet vinniger en slimmer begin optree,” het hy gesê.

Mnr. Anton Botha, hoofbestuurslid van GSA, het gesê sekere aangeleenthede wat nie regstreeks hul verantwoordelikheid is nie, soos grondhervorming, word aan Agri SA oorgelaat om dit namens die landbousektor te behartig en graanboere moet vertroue in hulle hê. GSA doen nietemin harde werk agter die skerms.

Nie geval van weggee nie

Mnr. Cobus van Coller van Viljoenskroon het gesê daar is wette waarop ag geslaan moet word wanneer dit by onteiening kom. “Dis nie net ’n geval van grond afneem en weggee nie,” het hy gesê.

Mnr. Jaco Minnaar, GSA se voorsitter, het gesê swart bemagtiging moet binne die Grondwet plaasvind. “Grondhervorming móét plaasvind. Ons kan nie daarvan terugdeins nie. As ons dit nie doen nie, sal ons oor tien jaar nie meer boer nie. Dan gaan ’n Zimbabwe-situasie hier plaasvind.

“Tien persent van Suid-Afrika se grond verwissel in elk geval elke jaar van hande in ’n natuurlike verhandelingsproses. Die staat moet daardie grond gebruik om grond oor te dra. Dit moet tot voordeel van alle partye wees; nie net tot die voordeel van die ontvangers van die grond nie. Ons kan egter nie stilsit en niks doen nie,” het Minnaar gesê. Daarom is verskillende groeperinge binne die georganiseerde landbou gereeld met mekaar in gesprek om probleme te bespreek en oplossings te soek.

Graan SA samel geld in vir hofsake

Intussen het GSA aangedui dat hulle geld in samel ter voorbereiding van moontlike hofsake wat kan volg as die staat voortgaan met sy dreigemente om plase sonder onteiening by boere af te vat.

“Ons moet verhinder dat dit gebeur, maar ons besef hofsake kan plaasvind. GSA het geld vir hofsake gebêre nadat ons ná die vorige goeie mielie-oes baie heffingsgeld ingesamel het. Ons gaan ook voort om nóg geld vir die moontlike, onvermydelike hofsake te spaar. Agri SA is ook besig met ’n veldtog om geld te bekom, moontlik by wyse van vrywillige bydraes per lid van sy landbou-unies,” het Botha gesê

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.11
-0.0%
Rand - Pond
22.31
-0.0%
Rand - Euro
19.64
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.12
-0.1%
Rand - Jen
0.14
-0.3%
Platinum
967.86
+0.8%
Palladium
1,443.22
+1.9%
Goud
1,961.78
-0.1%
Silwer
23.39
+0.3%
Brent-ruolie
78.28
-0.5%
Top-40
70,865
0.0%
Alle aandele
76,480
0.0%
Hulpbronne 10
66,658
0.0%
Industriële 25
103,311
0.0%
Finansiële 15
15,614
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opsoek na liefde
Ek is eerlike opreg en weet hoe om ' n dame spesiaaal te laat voel. Ek hou ook van buite lewe en avontuurlustig
Kom ons skryf ons eie roman
Wel ek hou van baie lag, dus vriendelik. Ek is energiek en wil nog die lewe geniet. Hou van stap en soms oefen as tyd dit toelaat. Hou van die buitelewe en natuur. Geniet dit...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot