
“Boere sal voedingstowwe in die grond moet aanvul ná die hoër oesopbrengs die afgelope jaar,” sê mnr. Rod Humphris, uittredende besturende direkteur en nuwe voorsitter van Omnia.
Die maatskappy se inkomste het in die jaar tot einde Maart met 3% tot R16,3 miljard gedaal en sy bedryfswins was op R1,04 miljard 6% laer as in die vorige boekjaar.
Die inkomste in die landbou-afdeling het swak gebly, maar in die internasionale deel was daar uitstekende groei. Die landbou-afdeling se inkomste het met 1% tot R8,159 miljard gedaal, terwyl totale verkope met 10% gestyg het.
In Suid-Afrika het verkope met 2,5% gestyg, terwyl spesialiteitsmisstowwe plaaslik en internasionaal rekordverkope beleef het.