AFGRI
BEAN
27 Sep
-
9360
-78,00
CORN
27 Sep
-
4751
-57,00
SOYA
27 Sep
-
8690
-19,00
SUNS
27 Sep
-
9780
-188,00
WEAT
27 Sep
-
7047,8
-10,20
WMAZ
27 Sep
-
4832
-34,00
YMAZ
27 Sep
-
4672
-38,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Boere hou protesaksie op ‘doodspad’

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Boere in die Allanridge-omgewing wat moeg is vir swak paaie en swak dienslewering het vanoggend die S86 met bakkies en sleepwaens blokkeer.

Die doel daarvan was om hul misnoeë met die departement van paaie te demonstreer weens die departement van paaie se onvermoë om die R30-pad te herstel.

Volgens Vrystaat Landbou staan die R30 by Allanridge al as die “doodspad” bekend. Dié pad is al geruime tyd uiters gevaarlik weens bogemiddelde reënval in Januarie en Februarie vanjaar wat veroorsaak het dat die pad onbegaanbaar geraak het, maar nie herstel word nie.

Motoriste wat die R30 sou gebruik het, word nou gedwing om die S86 te gebruik, volgens mnr. Rudi Jansen van Vuuren, ’n boer van die omgewing.

“Dit hou nie net ’n gevaar vir die publiek in nie, maar ook vir boere en hul werkers. Dit is strooptyd en daar beweeg trekkers en stropers op die pad. Sekere motoriste ry baie onverskillig en ons wil keer dat iemand seerkry.

“Dit maak ook nie sin dat die departement mense op ’n 18 km-ompad dwing, terwyl hy net 400 m (van die R30) hoef te herstel nie.”

Dr. Jack Armour, kommersiële bestuurder van Vrystaat Landbou, sê die organisasie probeer al geruime tyd om met me. Sisi SH Ntombela, Vrystaatse premier, oor die paaiekwessie in die provinsie te vergader. Hy het tot dusver geen reaksie van haar ontvang nie.

Vrystaat paaie
Foto: Verskaf

Riool verspoel R31 in Noord-Kaap

Intussen versoek die DA dat die nasionale regering dringend moet ingryp by die ineenstorting van die Sol Plaatje-munisipaliteit se water- en rioolinfrastruktuur wat tot só ’n mate verswak het dat die R31-pad weens gesondheidsredes vir verkeer gesluit moes word. Dieselfde sal vermoedelik binnekort met die N12- nasionale pad gebeur.

Mnre. Delmaine Christians en Cilliers Brink, DA-LP’s, en mnr. Harold McGluwa, DA-leier in die Noord-Kaap, het die pad vandag (10 Mei) besoek en bevind dat omvangryke skade daaraan aangerig is weens twee dekades se gebrek aan onderhoud van munisipale infrastuktuur.

Brink sê riool lek reeds sedert 2004 uit die Gogga-pompstasie, asook vars water van die Riverton-hooflyn. “Die provinsiale regering het toegekyk terwyl hierdie krisis ontwikkel, maar het tot Januarie vanjaar, toe ’n konstruksieprojek van R32 miljoen onderneem is, niks daaraan gedoen nie. Hul pogings was tevergeefs aangesien die pad op 16 April verspoel het.

“As die regte mense nie aangestel word om die probleem permanent op te los deur die huidige leemtes in ingenieurswese aan te pak nie, sal enige geld wat bestee word, ’n vermorsing wees.”

Hy sê nadat herstelwerk in 2019 aan 14 waterlekke gedoen is, het nuwe lekplekke ontwikkel en die tekortkominge ontbloot van Sol Plaatje se uitgediende infrastruktuur, wat heeltemal oorgedoen sal moet word, pleks van blote herstelwerk.

“Indien die lekplekke nie permanent herstel word nie, sal verdere pogings om watervlakke te verlaag deur ’n sloot te grawe en water van die R31 weg te lei, nutteloos wees omdat verdere verspoelings kan voorkom.”

Hy sê die provinsiale regering is deeglik bewus daarvan dat ander paaie in die provinsie, veral die N12 na Kaapstad, ook kan verspoel. Daar word egter niks daaraan gedoen nie.

“Kimberley verdrink in Sol Plaatje se deurlopende onverskilligheid jeens die onderhoud van infrastruktuur. Dit veroorsaak dat 64% van die munisipaliteit se vars water deur lekplekke verlore gaan.”

R31
Die R31-pad tydens 'n vorige verspoeling. Foto: Verskaf deur die DA

Agri SA se veldtog oor paaie vorder

Intussen het Agri SA se veldtog oor swak paaie in landelike gebiede nog ’n stappie verder gevorder toe ’n lys van paaie in die onderskeie provinsies wat dringende aandag verg aan die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, die departement van vervoer en die presidensie oorhandig is.

Die lys is deur Agri SA se provinsiale affiliasies saamgestel ná ’n versoek van me. Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, dat aangedui moet word watter paaie die dringendste aandag verg. Volgens die lys uit agt provinsies – Gauteng uitgesluit – is daar meer as 1 100 paaie wat in ’n baie slegte toestand is. Van die meeste slegte paaie wat aangemeld is, is 294 in KwaZulu-Natal, 287 in die Vrystaat, 218 in Noordwes en 150 in Mpumalanga.

Mnr. Christo van der Rheede, uitvoerende direkteur van Agri SA, sê daar sal volgehoue druk op die regering oor hierdie kwessie wees. Hy sê die regering het gesprekvoering hieroor belowe en Agri SA sal alles moontlik doen om die gesprek aan die gang te kry sodat besluit kan word wattter paaie voorkeur moet kry. Hy het weer beklemtoon dit is van groot belang vir voedselsekerheid. 

“Begaanbare paaie is nodig om goedere van plase na markte en van markte tot by verbruikers te bring. Daarby is dit van deurslaggewende belang vir die ontwikkeling van landelike gemeenskappe, om beleggings na landelike gebiede te bring, werk te skep en armoede te verlig.

“Ons glo dit is die regering se erns om werk hiervan te maak omdat dit ’n onderneming is wat in pres. Cyril Ramphosa se staatsrede, asook in die begrotingsrede vervat is.”

In Didza se skriftelike versoek aan Agri SA vir die name, nommers en koördinate van plattelandse paaie wat aanbeveel word vir herstelwerk, rehabilitasie of nuwe grond-deklae, het sy ook gesê die herstel van paaie in landelike gebiede is van deurslaggewende belang om landbouprodukte by hawens en markte te kry. Dit is deel van die inwerkingstelling van die omvattende landelike ontwikkelingsplan, asook die meesterplan vir landbou en landbouverwerking.

Altesaam 311 landbou-ondernemings het aan Agri SA se ondersoek na paaie deelgeneem, waarvan net twee nie probleme met swak paaie ondervind het nie. Sowat 94% van die deelnemers se produkte is per pad vervoer, en hulle het aangedui dat hulle gemiddeld R200 000 per deelnemer skade gely het weens swak paaie. Hulle het ook ’n gemiddelde verlies van 16% in omset in die boekjaar gehad oor die swak paaie.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.90
+0.9%
Rand - Pond
19.33
+0.0%
Rand - Euro
17.27
+0.6%
Rand - Aus dollar
11.62
+0.4%
Rand - Jen
0.12
+0.7%
Goud
1,637.19
+0.9%
Silwer
18.68
+1.8%
Palladium
2,059.56
+0.8%
Platinum
864.12
+1.3%
Brent-ruolie
84.06
-2.5%
Top-40
57,283
-0.0%
Alle aandele
63,681
+0.1%
Hulpbronne 10
56,020
-0.4%
Industriële 25
79,604
+0.1%
Finansiële 15
14,041
+0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
soek omgee maatjie, saam rondloop maatjie, sommer stilsit maatjie
Probeer hard om 'n ware omgee christen te wees wat graag deel. Kan skuins snaaks wees en geniet goeie gesels met iemand wat ook met woorde kan speel.
Lag en leef
Ek is n liefdevolle mens en sien die positiewe altyd in mense. Die lewe is te kort om ongelukkig te wees.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot