Clover beoog om die melkwinningsdeel van Dairy Farmers of South Africa (DFSA) terug te koop en die mededingingskommissie het onlangs by die mededingingstribunaal aanbeveel dat die transaksie goedgekeur word.
Mnr. Steven Velthuysen, bestuursbeampte vir onder meer regsake by Clover, het by navraag gesê vir Clover sluit die voordele van die transaksie in dat hy weer self in beheer van sy melkwinning sal wees.
“Dit sal ons ook die kans bied om ons verhouding met boere te versterk en noue samewerking te bewerkstellig. Boere bly baie belangrike vennote vir ons besigheid. Ons hoop dat die direkte verhouding met boere sal lei tot ’n gesonde vennootskap en dat ons onsself sal vestig as ’n belangrike bondgenoot vir boere.”