Volgens mnr. Deon Oberholzer, wat saam met sy seun Rudolf besproeiingsgrond by die Van Wyksvleidam het, gaan hulle en vyf ander boere vanjaar sowat 85 ha beplant.
“Daar is in outydse terme 500 morg (428,35 ha) grond wat waterregte het, maar dit is baie duur en nie almal kan dit ná die droogte bekostig om lusern te plant nie.”
Die Van Wyksvleidam is die eerste dam wat in Suid-Afrika met staatsgeld gebou is. Opdrag is in 1882 gegee om die dam te bou. Dit is in 1884 voltooi. Die dam se grondwal, wat deur mense met donkies, muile en donkieskroppe gebou is, is 15 m hoog en 311 m lank. Oberholzer sê die grond het nie verbrak nie.