AFGRI
BEAN
05 Des
-
9237
0,00
CORN
05 Des
-
4511
0,00
SOYA
05 Des
-
10500
0,00
SUNS
05 Des
-
10920
0,00
WEAT
05 Des
-
6716
0,00
WMAZ
05 Des
-
5064
0,00
YMAZ
05 Des
-
4900
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Boere raadop met veediewe in Limpopo

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ter illustrasie. Foto: Marieke Snyman
Ter illustrasie. Foto: Marieke Snyman
Veeboere in Limpopo sit met hul hande in die hare nadat voorvalle van veediefstal die afgelope jaar met 21% toegeneem het.

Die toename van 21% in voorvalle van veediefstal die afgelope jaar in Limpopo is maar ’n halwe beeld van die ware toedrag van sake, het mnr. Douw Pelser, voorsitter van die Limpopo-veediefstalforum, gesê. Sowat 60% van die veediefstalsake in die provinsie word volgens hom nie aangemeld nie.

Pelser het op die onlangse vergadering van dié forum ’n beroep gedoen op die nuwe bevelvoerder van die polisie se provinsiale veediefstaleenheid, kol. J.E. Mbethe, om saam met die forum erns te maak van die voorkoming van veediefstal.

Dit is veral in die distrik Vhembe waar veediefstal die afgelope jaar handuit geruk het. Mnr. Johan Weideman, ’n wildboer van Linton, het vertel hoe veediewe die afgelope jaar uitgepluis het hoe om die distrik se kamerastelsel te omseil en diere op plase dood te maak en te slag.

Daar is verlede jaar 271 diere op plase geslag deur vee- en wilddiewe wat die vleis verwyder om dit onwettig te gaan verkoop, het Weideman gesê. Dit is net die sake wat by die polisie aangemeld is.

Dit dwing boere in die omgewing om deur die nag patrollies te ry, terwyl party boere so ver gaan om saans by hul veekrale te slaap. “Almal ry patrollie: veeboere, groenteboere en selfs sakelui uit die gemeenskap. Dit werk,” het Weideman gesê. “Ons het die voorvalle van veediefstal vanjaar aansienlik verminder, maar ons moet elke dag werk al het ons die vorige nag patrollie gery. Ons kan nie so aanhou nie.”

Op die vleisspoor

Hy het voorgestel dat die polisie wette rondom die vervoer en verkoop van vleis streng toepas. “As boere vir hul werkers vleis gee, soos wat die gebruik is op veral jagplase, moet die boer ook vir daardie werker ’n permit uitreik om die vleis te mag vervoer. Enigiemand wat vleis sonder die nodige permitte vervoer, doen dit onwettig. Daar moet op die vleis beslag gelê en ’n saak aanhangig gemaak word,” het Weideman gesê.

“Die polisie moet op onwettige handelaars toeslaan en hul besighede sluit. Ons werk nou saam met die plaaslike gemeenskappe en die wettige handelaars in ons nedersettings is net so keelvol soos ons. Hulle betaal vir die vleis wat hulle verkoop en moet dan teen iemand meeding wat sy vleis spotgoedkoop van veediewe af kry. Hulle weet wie die skelms in hul gemeenskap is en sal hulle uitwys.”

Weideman het gesê dis nie net kommersiële boere wat onder veediewe deurloop nie. Die afgelope week is ’n klomp bokke van ’n opkomende boer naby hom gesteel, skaars ’n jaar nadat veediewe meer as 15 beeste by dieselfde boer gesteel het. “Daardie man is op sy knieë. Selfs ’n sterk kommersiële boer sukkel om van so ’n terugslag te herstel.”

Mbethe het gesê sy sal die situasie en voorstelle vir oplossings wat by die forum gemaak is, aan haar seniors gaan voorlê. Dit móét aandag kry.

Sy het ook boere se bereidwilligheid om self moue op te rol en deel te neem aan voorkoming van veediefstal geloof en erken dat daar ’n tekort aan mannekrag in die veediefstaleenheid is. “Ons sal mense moet inkry in ons eenheid, want ek glo daar moet minstens twee polisielede by ’n boer opdaag wanneer hy ’n veediefstalklag het. Ons moet hierdie probleem in Limpopo in ’n suksesverhaal omskep.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.30
+1.4%
Rand - Pond
21.35
-0.1%
Rand - Euro
18.31
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.84
-0.5%
Rand - Jen
0.13
+0.4%
Goud
1,809.40
+0.6%
Silwer
23.29
+0.6%
Palladium
1,903.12
+0.2%
Platinum
1,025.58
+0.6%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,238
0.0%
Alle aandele
74,323
0.0%
Hulpbronne 10
74,020
0.0%
Industriële 25
91,592
0.0%
Finansiële 15
15,398
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Kom kook saam met my!
Ek is skerp. Nooit n vervelige oomblik. Jy gaan baie lag as jy my ontmoet. Jy moet asb net nie rook nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot