AFGRI
BEAN
05 Des
-
9261,2
24,20
CORN
05 Des
-
4419
-92,00
SOYA
05 Des
-
8970
65,00
SUNS
05 Des
-
10625
-187,00
WEAT
05 Des
-
6700
-16,00
WMAZ
05 Des
-
4970,8
-93,20
YMAZ
05 Des
-
4820
-88,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Boere steek hande in eie sak om sprinkane te spuit

akkreditasie
Sprinkane net waar jy kyk. Die insekte het verlede week met die sterk wind in die Vrystaat aangekom en rondom Bloemfontein, Bultfontein en Hertzogville neergedaal. Foto: Verskaf
Sprinkane net waar jy kyk. Die insekte het verlede week met die sterk wind in die Vrystaat aangekom en rondom Bloemfontein, Bultfontein en Hertzogville neergedaal. Foto: Verskaf
Groot sprinkaanswerms trek op die oomblik deur die westelike dele van die Vrystaat en is Woensdag selfs in Bloemfontein gewaar.

Dis egter in die distrik Bultfontein, waar winterkoring nou net begin sprietjies uitsteek, dat die swerms potensieel die meeste skade kan aanrig.

“Die sprinkane dwarrel oral rond en waar hulle ’n groen kol kry, sak hulle neer en vreet. Ons het hier in Bultfontein nog nie so iets beleef nie,” sê mnr. André van Rensburg, Vrystaat Landbou (VL) se streekverteenwoordiger.

VL het berigte van swerms gekry van Kwaggafontein, Bainsvlei, Glen, Soutpan, Boshof en Hertzogville. “Hierdie is dele wat tradisioneel nog baie min sprinkane gesien het. Ek het gister met ’n oom van in die 70 gepraat. Hy het as ’n vyfjarige seuntjie eenkeer ’n kleinerige swerm sprinkane gesien,” sê Van Rensburg.

Ook mnr. Paseka Pienaar, ’n boer van die distrik Bultfontein, sê nie hy of sy pa kan onthou dat hulle ooit sprinkaanswerms in die distrik gesien het nie.

Sprinkane eet daagliks soveel as hul eie liggaamsgewig, en in groot swerms kan hulle vernietigend wees vir jong gesaaides of waar nuwe gras in die veld groei. Dit beteken as die swerms nie nou uitgeroei word voor hulle eiers lê nie, kan ’n ramp in die lente op Vrystaatse saaiboere wag.

Van Rensburg sê hulle is baie bang die sprinkane begin in die omgewing eiers lê. Die sprinkane kom uit Namibië en die Kalahari. Daar is nie wydverspreide gewasse soos in die Vrystaat nie. “Ons gaan dit nie regkry as ons miljoene 1 cm-lange sprinkaantjies uit ons mielie-, soja- of sonneblomlande moet hou as dit weer begin reën nie.”

Staatshulp

Hy sê die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, wat die verantwoordelikheid het om treksprinkane vanuit sy De Aar-kantoor te bekamp, het nie die geld of mannekrag om dadelik en doeltreffend te bespuit nie. Dit is ook moeilik om sprinkane op te spoor omdat hulle so vinnig van rigting verander.

Die staat stel distrikskoördineerders aan in die distrikte wat dikwels geraak word deur sprinkane, en die koördineerder het ’n span boere in die distrik wat opgelei is in die gebruik van die toerusting en wat dan op kontrak werk. Maar, sê Van Rensburg, in Bultfontein is daar nie ’n distrikskoördineerder nie, want hulle sien amper nooit sprinkane nie. Dus moet die staat se kundiges van heinde en ver hulle kom bystaan.

Hy sê een amptenaar uit Pretoria het kom inspeksie doen en aangebied om vier spanne met spuite te stuur. Maar omdat dié werk uitgekontrakteer word, is daar nie ’n waarborg dat die spanne wel almal kontrakte sal aanvaar en sprinkane kom bespuit nie.

“Intussen is die sprinkane besig om koringlande op te vreet en ons weiding en voerlande te vreet. Ons kan nie sit en wag vir die staat nie. Ons het daarom begin saamspan om self die sprinkane te beveg.” Hulle het gifagente geraadpleeg oor die regte middels en toerusting, en gebruik nou hul brandtoerusting en hoogloopspuite. Die sprinkane gaan rus snags in mielielande wat nog nie gestroop is nie, omdat dit daar bietjie warmer is. Maar daar kan spanne of voertuie nie deurbeweeg sonder om die oes te vernietig nie. Dus span hulle ’n vliegtuig in om lugbespuiting te doen, ook op plekke wat afgeleë of moeilik begaanbaar is.

Dit het egter groot koste-implikasies gehad en VL het ingestem om R60 000 by te dra tot die koste wat die boere reeds aangegaan het om te voorkom dat die swerms na ander plase verhuis.

Dr. Jack Armour, bedryfsbestuurder van VL, doen ’n beroep op die publiek vir bydraes vir lugbespuiting en gifkoste om aan te hou bespuit in ’n poging om te keer dat die swerms na ander provinsies beweeg. Hy sê VL, saam met die departement, sal help met opleiding en toerusting ter voorbereiding van wanneer die eiers wat deur hierdie sprinkane gelê is, uitbroei. – Vida Booysen

Bydraes kan aan VL se rampbestuursfonds betaal word. Die besonderhede is as volg: rekeningnaam: Vrystaat Landbou; Absa-rekeningnr: 470940670; takkode: 632005 en verwysing: Sprinkaan + jou selnommer.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.45
+0.5%
Rand - Pond
21.27
+0.3%
Rand - Euro
18.33
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.72
+0.5%
Rand - Jen
0.13
+1.2%
Goud
1,770.37
-1.6%
Silwer
22.25
-3.9%
Palladium
1,878.77
-1.1%
Platinum
1,004.47
-1.5%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,543
+0.5%
Alle aandele
74,693
+0.5%
Hulpbronne 10
74,781
+1.0%
Industriële 25
91,501
-0.1%
Finansiële 15
15,595
+1.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
See,Bosveld en Kamp
My geloof is vir my baie belangrik, is spontaan, het ñ goeie sin vir humor. Reik uit na mede gelowiges en minder bevoorregtes. Ek is ñ baie liefdevolle persoon.
Kom ons begin ons eie storie met Vriendskap
Nr 1 sal altyd my Here wees want Hy is my provider, Aleph en Sovereign God. Al wat ek soek is n maaitjie saam wie ek die lewe kan geniet, lag, gesels, laf wees en dan kyk na...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot