AFGRI
BEAN
02 Feb
-
9604
-189,00
CORN
02 Feb
-
4550,4
-19,60
SOYA
02 Feb
-
8815
-94,00
SUNS
02 Feb
-
11369,8
71,80
WEAT
02 Feb
-
6722
-47,00
WMAZ
02 Feb
-
4298,6
-13,40
YMAZ
02 Feb
-
4419
-26,00

Boetiekkaas is SA se suiwelproduk van die jaar

akkreditasie
Belnori-boetiekkaasmakery se St Francis of Ashisi is Suid-Afrika se suiwelproduk van die jaar. Foto: Verskaf
Belnori-boetiekkaasmakery se St Francis of Ashisi is Suid-Afrika se suiwelproduk van die jaar. Foto: Verskaf
’n Boetiekkaasmakery van Bapsfontein se bok-en-beesmelkkaas het vanjaar met die hoogste louere by die Agri-Expo Qualité-toekenningsdinee weggestap nadat dié kaas as die crème de la crème van die Suid-Afrikaanse suiwelbedryf aangewys is.

Belnori-boetiekkaasmakery se St Francis of Ashisi, ’n kaas wat van gelyke hoeveelhede bok- en beesmelk gemaak word, het meer as 70 ander vervaardigers se bykans 900 ander suiwelprodukte geklop toe dit as die land se Suiwelproduk van die Jaar aangewys is. Die dinee is Vrydagaand by GrandWest in Kaapstad aangebied. 

Dié boetiekkaasmakery het in vorige jare reeds verskeie Qualité-toekennings ontvang, maar dit is die eerste keer dat een van sy kase as Suiwelproduk van die Jaar aangewys is. Die eienaars van Belnori, me. Rina en mnr. Norman Belcher, is wêreldbekende kaasmakers wat met vele internasionale pryse vir hul kase spog, onder meer die Agri-Expo-toekenning vir 2018 vir die beste Suid-Afrikaanse kaas op die kaas-wêreldkampioenskap in Bergen, Norweë. Rina is in 2016 op die Agri-Expo-ererol geplaas vir haar bydrae tot die suiwelbedryf. 

“Vir ’n produk om met die gesogte Suiwelproduk van die Jaar-titel bekroon te word in ’n kompetisie van hierdie omvang, is ’n lang en moeilike reis en die droom van elke suiweltegnoloog,” sê mnr. Kobus Mulder, hoofbeoordelaar en internasionale suiwelkundige. “Nie net is dit ’n besonderse prestasie nie, maar ook ’n bewys van goeie vervaardigingskennis en -praktyke, asook gehaltebeheer.” 

Mulder beskryf die St Francis of Ashisi-kaas as ’n sagte, smelt-in-die-mond, romerige kaas met ’n pragtige voorkoms wat ’n plek op elke kaasbord verdien. Die kaas word gemaak met die melksuurkoagulasie-metode wat veral in Frankryk bekend is. Daar groei wit, eetbare swamme op die kaas se kors en plant-as word daarop gesprinkel om te help om die melksuur in die kaas te beheer. 

Agri-Expo bied die Suid-Afrikaanse suiwelkampioenskap reeds sedert 1834 aan. Mnr. Johan Ehlers, uitvoerende hoof van Agri-Expo, sê vanjaar se inskrywings dui op vooruitgang, innovasie en kreatiwiteit binne die bedryf. “Dit is goeie nuus dat verskeie nuwe produkte ingeskryf is, waaronder kase verryk met inkvisink, geaktiveerde houtskool en truffelsous, en halloumi wat hom voordoen as ’n ‘braailoumi’. Dit is ook goeie nuus dat 13 ‘nuwe’ vervaardigers die eerste keer vanjaar ingeskryf het.” 

Die kampioenskap se 75 beoordelaars, waaronder suiweltegnoloë, kaashandelaars en sjefs, het vanjaar 101 produkte as SA kampioene aangewys. Slegs 16 produkte is met die gesogte Qualité-merk van gehalte vereer. 

Besoek www.cheesesa.co.za vir nog inligting oor die toekennings en die volledige uitslae.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.08
-0.2%
Rand - Pond
20.91
+0.9%
Rand - Euro
18.65
+0.5%
Rand - Aus dollar
12.10
+0.6%
Rand - Jen
0.13
-0.4%
Platinum
1,020.69
+0.9%
Palladium
1,651.58
-1.1%
Goud
1,912.75
-1.9%
Silwer
23.45
-2.2%
Brent-ruolie
82.84
-3.2%
Top-40
73,629
-0.1%
Alle aandele
79,802
-0.0%
Hulpbronne 10
74,686
-0.6%
Industriële 25
102,624
+0.1%
Finansiële 15
16,551
-0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lekkerseergemaak
Ek wil weer geluk vind en weet hoe om die regte vrou lief te he en weet hoe om weer een gelukkige Family tw kan wees
Plain Jane
Oor die onnodige drama, wil net die lewe geniet. Goeie hart en weet wat ek uit die lewe wil he 😊
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot