Die rekordboeke is wéér tydens die voorlaaste CMW/OVK-bokhaarveiling vir die huidige somerseisoen herskryf.
Bokhaar Suid-Afrika se markaanwyser het by die hoogste gemiddelde prys per kilogram ooit van R280,57/kg vir rou haar gaan draai.
’n Baal van 28 mikron grootbokhaar met ’n skoonopbrengs van 88% van mnr. Frans Retief, van die Driehoeksfonteinboerdery naby Murraysburg, is vir ’n wêreldrekordprys van R348/kg verkoop.
Volgens mnr. Pierre van der Vyver, bestuurder van die bokhaarafdeling van CMW/OVK, en sy tegniese span was dit die beste gehalte veiling wat hul nog gehad het.

Van links is mnre. Matthew Fox (OVK-afslaer), Ben van der Westhuyzen (verkoper), Pierre van der Vyver (OVK-bestuurder: Sybokhaar) en Frans Retief (verkoper). Foto: Verskaf
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.