AFGRI
BEAN
30 Nov
-
9211
0,00
CORN
30 Nov
-
4484
0,00
SOYA
30 Nov
-
10399
0,00
SUNS
30 Nov
-
11285
0,00
WEAT
30 Nov
-
6666
0,00
WMAZ
30 Nov
-
5351
0,00
YMAZ
30 Nov
-
5109
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Bonsucro-standaard: Aanpassings verwelkom

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Verskaf deur Bonsucro
Foto: Verskaf deur Bonsucro
Bonsucro is ’n wêreldwye volhoubaarheidsplatform vir suikerrietwaardekettings.

Een van die groot verteenwoordigende organisasies binne Suid-Afrika se suikerrietwaardeketting het sy steun uitgespreek vir onlangs aangekondigde aanpassings aan die Bonsucro-produksiestandaard. Bonsucro is ’n wêreldwye volhoubaarheidsplatform vir suikerrietwaardekettings. Lidmaatskap is  vrywillig en bied toegang tot Bonsucro se leidende beginsels en praktyke. Lede word ook deur die platform geassesseer.

Dr. Thomas Funke, uitvoerende hoof van die bedryfsorganisasie Suid-Afrikaanse Suikerrietkwekers, wat reeds ’n paar jaar lid van Bonsucro is, sê dat die 12 nuwe aanwysers waarde tot die bestaande produksiestandaard sal toevoeg. Die standaard het reeds 72 bestaande aanwysers. Die standaard word elke vyf jaar hersien en dienooreenkomstig bygewerk.       

“Sertifiserings- en standaardprotokolle soos hierdie een word die norm in baie bedrywe en Suikerrietkwekers moedig sy lede aan om hierdie standaarde in hul bedrywighede aan te neem. Boonop, met die werk wat Suikerrietkwekers aan die meesterplan vir die suikerrietwaardeketting, en aan die ontwikkeling van volhoubare lugvaartbrandstowwe en bioplastiek doen, sal standaarde soos Bonsucro s’n in die toekoms ’n vereiste wees,” sê Funke.    

Hy voeg by dat baie lede van Suikerrietkwekers reeds die plaaslik ontwikkelde SUSFARMS-instrument vir beste bestuurspraktyke in suikerrietproduksie aangeneem het, en van hierdie produsente is ook deel van die Bonsucro-standaard. Albei standaarde het hul “onskatbare waarde bewys” om deelnemende suikerrietkwekers toe te rus om volhoubare boerderypraktyke toe te pas sonder om doeltreffendheid in hul bedrywighede in te boet.

In ’n verklaring sê Bonsucro die nuwe vereistes binne die bygewerkte produksiestandaard is daarop gemik om “kritieke globale risiko’s” in suikerrietproduksie aan te pak, soos kweekhuisgasvrystellings, waterbesparing, biodiversiteitbevordering en werkersregte.

“Sertifiseringsdata toon dat Bonsucro-gesertifiseerde suikerrietprodusente deurlopend hul kweekhuisgasvrystellings en watergebruik verminder, terwyl opbrengste verhoog en veiliger werksomstandighede geskep word. Die produksiestandaard vereis dat produsente menseregte respekteer. Dit het ook geen verdraagsaamheid teenoor kinder- of dwangarbeid op suikerrietplase en (by) meulens nie,” lui die verklaring.

Hoewel die hersiene produksiestandaard daarvan op 17 Januarie deur Bonsucro aangekondig is, sal weergawe 4.2 van die standaard op 1 September vanjaar in werking tree.

Besoek https://bonsucro.com/production-standard/ om die dokument – V5.1 – van die Bonsucro-produksiestandaard af te laai en te bekyk.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.28
-1.6%
Rand - Pond
20.86
-2.7%
Rand - Euro
18.02
-2.7%
Rand - Aus dollar
11.75
-3.4%
Rand - Jen
0.13
-2.4%
Goud
1,769.59
+1.1%
Silwer
22.18
+4.3%
Palladium
1,890.69
+2.7%
Platinum
1,041.50
+3.5%
Brent-ruolie
83.03
-0.2%
Top-40
68,564
+2.6%
Alle aandele
74,828
+2.3%
Hulpbronne 10
73,434
+2.8%
Industriële 25
90,489
+2.7%
Finansiële 15
16,396
+1.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
See,Bosveld en Kamp
My geloof is vir my baie belangrik, is spontaan, het ñ goeie sin vir humor. Reik uit na mede gelowiges en minder bevoorregtes. Ek is ñ baie liefdevolle persoon.
Sexy kat wil jou bekoor
Ekt n mooi sterk persoonlikheid Eks n go getter hou van lag kuier Ek kom sterk voor en as n leier
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot